Pluim­pies

Beeld - - Tot U Diens - Tel­kom Tel­kom

Neels Roos was die laas­te ruk­kie twee keer met

se diens be­ïn­druk. “In die laas­te paar maan­de het Jan S­choe­man van Tel­kom twee keer werk by my huis kom doen. Sy rus­ti­ge be­na­de­ring was be­son­ders. S­choe­man se teg­nie­se be­kwaam­heid was ook deur­slag­ge­wend om my pro­bleem vin­nig op te los. Ek het lank­laas ie­mand soos S­choe­man raak­ge­loop wat be­reid is om die ek­stra myl te loop om fan­tas­tie­se kli­ën­te­diens te bied.” . Hei­lie Vil­joen het ook vir ’n pluim­pie. “My Tel­kom­foon het her­haal­de­lik pro­ble­me ge­gee. Die pro­ble­me was nie al­tyd aan Tel­kom te dan­ke nie. Mu­ni­si­pa­le wer­kers het by ge­leent­heid my lyn af­ge­sny. Met my laas­te pro­bleem het Tel­kom aan­vank­lik ge­suk­kel om die fout te vind, maar dank­sy Re­bec­ca en haar as­sis­tent is die fout op­ge­spoor en her­stel. Ek dink hul­le ver­dien al­bei pluim­pies vir die diens wat hul­le ge­le­wer het.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.