Jus­tin, die pun­te­vraat

Wes­va­lia breek hou­vas van 20 j.

Beeld - - Tot U Diens - Han­nes Nie­na­ber Lu­kie Pie­ter­se (met bal), slot van Pot­chef­stroom Volk­skool, pro­beer twee ver­de­di­gers van Pot­chef­stroom Gim­na­si­um af­skud in hul jaar­lik­se Clas­sic Clash. Vol­kies was met 18­17 baas.

Die Ho­ër­skool Pie­ters­burg het Sa­ter­dag ’n klin­ken­de se­ge van 40-29 oor die Ho­ër­skool Ben Vor­ster van T­za­neen in die Groots­ko­le-af­de­ling van Lim­po­po be­haal.

Pie­ties se heel­ag­ter, Mor­né Ven­ter, was met die skop­skoen sy span se groot held. Hy het 20 pun­te via vier doel­skop­pe en vier straf­doe­le aan­ge­te­ken.

) Pot­chef­stroom Volk­skool se eer­ste rug­by­span sal van­dag so bie­tjie bre­ër bors as die af­ge­lo­pe vyf jaar rond­loop.

Vol­kies het in hul­le ENB Clas­sic Clash teen Pot­chef­stroom Gim­na­si­um op die Fa­nie du Toit-veld ’n na­el­skraap­se se­ge van 18-17 be­haal en só ’n droog­te van vyf jaar te ver­breek.

Vol­kies se sen­ter Hen­ri Campher het on­ge­veer vyf mi­nu­te oor in die krag­me­ting vir die twee­de keer die doel­lyn oor­ge­steek om die droog­te te ver­breek. Vol­kies was laas in 2011 met 38-17 baas.

Gim­mies het teen rus­tyd met 17-13 voor­ge­loop. Die span se bin­ne­sen­ter, E­drich Cron­jé, was ver­ant­woor­de­lik vir al sy span se pun­te deur twee ver­doel­de drieë en ’n straf­doel.

In die an­der wed­stryd in die Lui­perds se groots­ko­le-li­ga het Wes­va­lia ’n hou­vas van 20 jaar ver­breek deur die Ho­ër­skool K­lerks­dorp met 38-19 die loef af te steek. Die span se sen­ter, Jus­tin Bas­son, was uit­mun­tend in dié ge­skied­kun­di­ge se­ge. Hy het ’n drie­kuns aan drieë be­haal en ook al vyf sy span se drieë ver­doel en ook met ’n straf­doel ge­slaag vir ’n by­drae van 28 pun­te tot die oor­win­ning.

) EG Jan­sen het op sy tuis­veld in Boks­burg met ’n oor­tui­gen­de se­ge van 71-20 oor die Ho­ër­skool Rus­ten­burg dit dui­de­lik ge­maak dat hy van­jaar ’n sterk aan­spraak­ma­ker sal wees op die ti­tel as kam­pi­oen van die Vir­se­ker-Beeld­tro­fee vir ma­kro­sko­le.

Die span van Boks­burg se los­ska­kel, Ru­ben Bey­tell, wat reeds van­jaar 24 keer die doel­lyn oor­ge­steek het, was nie in ak­sie nie. Rus­ten­burg het soms goeie rug­by ge­speel, maar kon net nie al sy kan­se be­nut nie. EG se skrum­ska­kel, Gin­ter S­muts, het 31 pun­te aan­ge­te­ken deur drie keer die doel­lyn oor te steek as­ook om met agt doel­skop­pe te slaag.

Die wen­span se vas­kop­stut, An­dré van der Mer­we, het twee prag-drieë ge­druk. Hy het met al­bei drieë on­ge­veer 50 me­ter ge­na­el om oor te val.

Mo­nu­ment het nie veel pro­ble­me op sy tuis­veld in Kru­gers­dorp on­der­vind om Kemp­ton Park met 36-3 die loef af te steek nie. Die span se agt­ste­man, PJ Ja­cobs, het twee van sy span se ses drieë ge­druk.

In die Clas­sic Clash tus­sen Flo­ri­da en Marais Vil­joen het Flor­ries die bord­jies ver­hang deur met 17-15 as oor­win­naars van die veld te s­tap. Marais Vil- Ja­c­ques van Wyn­gaardt, heel­ag­ter van Marais Vil­joen, duik sier­lik oor die doel­lyn in sy span se Clas­sic Clash teen Flo­ri­da. Flo­ri­da het met 17­15 ge­wen na­dat Marais Vil­joen hom ver­le­de jaar die eer­ste keer in ses jaar ge­klop het. joen van Al­ber­ton het ver­le­de jaar die eer­ste keer in ses jaar daar­in ge­slaag om Flo­ri­da in die jaar­lik­se krag­me­ting te ver­slaan.

) In die Pu­mas se groots­ko­le­af­de­ling sal Se­cun­da teen Piet Re­tief te staan kom in die kwart­eind­ron­de. Se­cun­da het Sa­ter­dag vir Ge­ne­raal Hert­zog van Wit­bank met 38-10 ver­slaan. S­teyn van der Hee­ver het ’n drie­kuns aan drieë vir die wen­span be­haal.

Piet Re­tief was self op sy stuk­ke deur Volks­rust met 50-17 te ver­slaan. Lig­bron en Rob Fer­rei­ra sal me­kaar ook in die kwart­eind­ron­de ont­moet, ter­wyl Hoo­gen­hout en HTS Wit­bank ook sa­ke sal uit­spook om ’n plek in die half­eind­ron­de. In die an- der kwart­eind­stryd sal die ho­ër­sko­le Er­me­lo en Ly­den­burg me­kaar pak.

) In die groots­ko­le-li­ga van die Val­ke het Hu­ge­no­te van S­prings vir ’n op­skud­ding ge­sorg deur Trans­va­lia van Van­der­bijl­park met 26-23 te troef.

Ve­ree­ni­ging Gim­na­si­um is die guns­te­ling om die Beeld­tro­fee as die Val­ke se voor­ste span te be­tree. Hy het Hei­del­berg Volk­skool met 35-10 kaf­ge­draf.

Fo­to: SASPA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.