5 in Bok­groep da­rem ’n troos

Beeld - - Tot U Diens - Co­bus Claas­sen

P­re­to­ria. – El­ke don­ker wolk het ’n sil­wer rand­jie.

Nol­lis Marais, die Bul­le se af­rig­ter, het na­dat die Leeus sy span met min­ag­ting met 2056 af­ge­ran­sel het in die span­ne se Su­per­rug­by-krag­me­ting, ge­suk­kel om ’n lig­punt raak te sien.

“Daar is geen sil­wer rand­jie nie. Dit is nie aan­vaar­baar om só te ver­loor nie,” het hy die ver­driet in die Bul­le se kleed­ka­mer in P­re­to­ria op­ge­som.

‘Ek is baie te­leur­ge­steld. Nie so­seer om­dat ons ver­loor het nie, maar dat ons dié ver­to­ning ge­le­wer het.”

Marais het in die op­bou tot die Gau­teng­se der­by ge­waar­sku die Bul­le kan mak­lik 50 pun­te af­staan as hul­le aan­slag nie te waf­fers is nie.

Marais se v­rees is be­waar­heid.

“Kyk, jy moet die Leeus loof vir dié ver­to­ning. Hul­le was uit­ste­kend. Die Leeus speel van die bes­te rug­by wat ek in ’n lang ruk ge­sien het.

“Dit is jam­mer dat ons nie naas­ten­by so goed was soos ver­le­de week teen die S­tor­mers nie.”

Marais is ge­vra wat hy vir sy spe­lers ge­sê het ná die ont­nug­te­ring.

“Nee veel nie. Daar is reg­tig niks wat jy kan sê nie. En dit is dalk ook be­ter om nie nou te veel kwyt te raak wan­neer jy vol e­mo­sie is nie. Ons is teen die plan­ke, maar daar is nog baie om voor te speel en ons sal moet op­staan.”

Hy sê ve­ler­lei fak­to­re het sy span duur te staan ge­kom.

“Ek het in ’n sta­di­um op­hou tel toe ons 12 keer ge­straf is. Ons het ho­pe­loos te min be­sit ge­had en die vas­te fa­set­te was nie so goed soos ver­le­de week nie.

“Die Leeus het teen ’n ge­wel­di­ge pas ge­speel en ons het in die laas­te 20 mi­nu­te net pro­beer by­hou.”

Die Bul­le se kap­tein, A­dri­aan S­trauss, het be­na­druk dat hul­le be­slis nie trots is op die loe­sing nie.

Ook hy het die Leeus se deug­de be­sing.

“Hul­le was on­ge­loof­lik. Die Leeus het al­les vol­uit ge­doen, goeie hard­loop­ly­ne ge­had en uit­ste­kend ge­skop. Dit is waar­skyn­lik net ons rol­ma­le wat op stan­daard was,” het S­trauss ge­sê. Die groot ge­tal Bul­le wat in die Bok-groep en die Suid-A­fri­kaan­se A-span in­ge­sluit is, is die e­nig­ste troos by Lof­tus. S­trauss het saam met Jes­se K­riel, Jan Ser­fon­tein, Ru­dy Pai­ge en T­re­vor Ny­a­ka­ne die S­pring­bok-af­rig­ter, Al­lis­ter Coet­zee, se groep van 31 spe­lers ge­haal. Tra­vis Is­mai­el, Fran­cois Brum­mer, Piet van Zyl, RG Sny­man, Li­zo G­qo­bo­ka en Mar­cel van der Mer­we is die Bul­le wat die A-span ge­haal het. Pun­te­ma­kers: Leeus 56 (25). Drieë: Ro­han Jan­se van Rens­burg (2), Li­o­nel Ma­poe, Ju­li­an Re­de­ling­huys, Ja­co K­riel, Court­nall S­ko­san, Faf de K­lerk. Doel­skop­pe: Mar­nitz Bos­hoff (6). Straf­doe­le: Bos­hoff (3). Bul­le 20 (8) Drieë: Jes­se K­riel, A­dri­aan S­trauss, De­on S­teg­mann. Doel­skop: Ti­an S­choe­man. Straf­doel: Fran­cois Brum­mer.

Fo­to: HERMAN VERWEY

Hoe’s daai? Li­o­nel Ma­poe, sen­ter van die Leeus, was in die wol­ke ná sy drie teen die Bul­le Sa­ter­dag op Lof­tus Vers­feld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.