Du Toit en Ko­li­si troon uit in S­tor­mers­se­ge

Beeld - - Tot U Diens - S­te­phen Nell

Kaap­stad. – As daar nog e­ni­ge twy­fel by die S­pring­bok-af­rig­ter, Al­lis­ter Coet­zee, be­staan het, het Pie­ter-S­te­ph du Toit en Siya Ko­li­si waar­skyn­lik Sa­ter­dag hul plek­ke in die be­gin­span be­spreek vir 11 Ju­nie se toets teen Ier­land op Nu­we­land.

Du Toit se puik me­de­din­ging in die lyn­sta­ne en krag­lo­pies was weer ’n ken­merk van die S­tor­mers se spel in hul se­ge van 31-24 oor die C­hee­tahs in ’n Su- per­rug­by-wed­stryd op Nu­we­land.

Ko­li­si was die Spe­ler van die Wed­stryd, met die bres­se wat hy in die aan­loop tot Da­niel du P­les­sis se drie ge­slaan het waar­skyn­lik die hoog­te­punt van sy ver­to­ning.

Vol­gens die S­tor­mers-af­rig­ter, Rob­bie F­leck, was Ko­li­si puik en het hy voor die Bok­ke se reeks teen Ier­land sy stem­pel af­ge­druk.

“Da­niel het in sy bui­ging ook baie goed ge­vaar. Hy het as 21-ja­ri­ge sy man fi­siek ge­staan en om 80 mi­nu­te in jou bui­ging te speel, is baie in­druk­wek­kend.”

On­danks in­di­vi­du­e­le hoog­te­pun­te was dit nie ’n in­druk­wek­ken­de ver­to­ning deur die S­tor­mers nie. Hul­le moes in die laas­te tien mi­nu­te hard werk om te keer dat die C­hee­tahs ’n drie druk wat dit ’n ge­lyk­op­stryd kon maak.

Vir F­leck was dit wel man­na uit die he­mel om weer op die wen­pad te wees ná twee ne­der­lae en ’n ge­lyk­op­stryd in die S­tor­mers se voor­af­gaan­de drie wed­stry­de.

“Hier­die se­ge was baie be­lang­rik. Ons het ’n moei­li­ke paar we­ke ag­ter die rug en ’n bie­tjie self­ver­troue ver­loor. Om die Ju­nie­pou­se met nóg ’n ne­der­laag of ge­lyk­op­stryd in te gaan sou moei­lik wees om te ver­werk,” het F­leck ge­sê.

Ter ver­sag­ting was die S­tor­mers in die twee­de helf­te ag­ter­langs erg ont­wrig toe ’n kat­swink C­heslin Kol­be af is. Lou­is S­chreu­der, ’n skrum­ska­kel, moes sy lyf heel­ag­ter en la­ter ook vleu­el hou.

Die S­tor­mers het die wed­stryd van die ag­ter­voet ge­wen. Le­o­lin Zas het vroeg in die twee­de helf­te ’n on­der­skep-drie ge­druk en la­ter het Ko­bus van Wyk nóg ’n lang­af­stand-drie af­ge­rond na­dat S­car­ra N­tu­be­ni om­keer­be­sit af­ge­dwing het.

By el­ke ge­leent­heid het dit ge­lyk of dit die ge­ty in die S­tor­mers se guns gaan swaai, maar die C­hee­tahs het aan­hou veg. Die S­tor­mers het uit­ein­de­lik puik ver­de­dig om die wa deur die drif te trek.

“Ons het met baie veg­gees ge­speel. Die rol­maal­be­we­gings wat ons af­ge­weer het, wys vir jou hoe­veel ka­rak­ter daar in hier­die span is,” het F­leck ge­sê.

Die C­hee­tahs se af­rig­ter, Fran­co S­mith, meen sy span het nie ge­noeg munt ge­slaan uit ’n goeie be­gin nie. “Ons het bit­ter na­by ge­kom om vroeg reeds te druk toe Ou­pa Mo­ho­je die bal oor die doel­lyn ver­loor het.

“Die ou­ens werk hard om te wys van wat­ter stof­fa­sie hul­le ge­maak is, wat on­no­di­ge druk te­weeg­bring en dalk fou­te ver­oor­saak.”

Zas en Van Wyk se drieë het sy span ook erg laat stei­er, hoe­wel die C­hee­tahs by el­ke ge­leent­heid puik te­rug­ge­veg het.

“Ons sal bloot moet leer om die si­tu­a­sies op die aan­val be­ter te han­teer,” het S­mith ge­sê.

Pun­te­ma­kers: S­tor­mers 31 (14): Drieë: Da­niel du P­les­sis, Le­o­lin Zas, Ko­bus van Wyk. Doel­skop­pe: Je­an­Luc du P­les­sis (2). Straf­doe­le: Du P­les­sis (4).

C­hee­tahs 24 (9): Drieë: Paul S­choe­man, Ser­ge­al Pe­ter­sen. Doel­skop: F­red Zei­lin­ga. Straf­doe­le: Zei­lin­ga (3), Niel Marais.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.