C­har­né wen 2 we­ke ná sy toon breek

Beeld - - Tot U Diens - Sa­rel van der Walt

Dur­ban. – Sy het ’n kans ge­waag om die Com­ra­des on­der ses uur te pro­beer af­lê. Dié waag­stuk het daar­toe toe ge­lei dat sy die eer­ste 60 km baie hard ge­hard­loop en toe kram­pe be­gin kry het, het Ca­ro­li­ne W­öst­mann gis­ter­mid­dag ge­sê.

Sy moes met die twee­de plek te­vre­de wees na­dat die kram­pe haar ’n paar keer tot stil­stand ge­ruk en selfs laat om­val het.

C­har­né Bos­man het W­öst­mann, ver­le­de jaar se wen­ner en Twee O­se­a­ne-kam­pi­oen, uit­ein­de­lik so­wat 2 km van die eind­punt ver­by­ge­gaan.

Die 40-ja­ri­ge Bos­man het ná 89,2 km tus­sen Pie­ter­ma­ritz­burg en Dur­ban in 6:25:55 eer­ste in die Kings­me­ad­krie­ket­sta­di­on oor die eind­streep ge­hard­loop.

W­öst­mann, wat so­wat 87 km die voor­lo­per was, het die wed­loop 5 mi­nu­te la­ter in 6:30:44 baie moeg vol­tooi. Sy is op ’n draag­baar na die me- die­se tent ge­bring en het gou her­stel.

“Ek het ná 60 km kram­pe be­gin kry en in ’n sta­di­um 20 tree ge­stap, en dan 20 tree ge­hard­loop. Ek wou baie graag on­der 6 uur hard­loop en moes daar­om kan­se waag,” het sy ge­sê.

Nog net drie vroue, F­rith van der Mer­we (5:54:43), Ann Tra­son (5:58:25) en Ta­ty­a­na Z­hir­ko­va (5:58:50) kon dié wed­loop al vin­ni­ger as 6 uur af­lê.

Die S­weed Kasja Berg was gis­ter in haar de­buut der­de in 6:39:04 en die A­me­ri­ka­ner Sa­rah Bard vier­de in 6:42:35.

Bos­man het kort na­dat sy die wed­loop vol­tooi het, ver­tel sy het op 8 A­pril ’n klein­toon­tjie ge­breek en kon twee we­ke lank nie oe­fen nie.

“Ek het vir nie­mand ge­sê nie om­dat ek nie wou hê dit moet klink of ek nog voor die Com­ra­des ver­sko­nings soek nie,” het sy ge­sê. Sy het ge­spe­si­a­li­seer­de be­han­de­ling ge­kry.

“Aan die een kant be­skou ek dit ’n won­der­werk dat ek kon deel­neem, en an­der­sins dink ek dit was ’n be­dek­te se­ën dat ek twee we­ke nie kon oe­fen nie. Dié twee we­ke het my gees­te­lik ster­ker ge­maak en laat rus,” het die voor­ma­li­ge S­ta­te­bond­spe­le-at­leet ge­sê.

Twee jaar ge­le­de kon sy nie die vo­ri­ge af-wed­loop vol­tooi nie.

Die oud-S­pring­bok Col­leen de Reuck (52), nou ’n A­me­ri­kaan­se bur­ger, het in haar de­buut in die Com­ra­des se­wen­de ge­ëin­dig in 6:50:21.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.