Wa­wrin­ka kik­ker triet­si­ge dag in Pa­rys op

Beeld - - Tot U Diens - – Reuters

Pa­rys. – Die weer was maar bra triet­sig, maar ge­luk­kig het die ver­de­di­gen­de mans­kam­pi­oen S­tan Wa­wrin­ka die Fran­se Ope-ten­nis­toer­nooi ’n bie­tjie op­ge­hel­der.

Wa­wrin­ka het sy krag­me­ting in die vier­de ron­de met die Ser­wi­ër Vic­tor Troicki met 7-6(5), 6-7(7), 6-3, 6-2 ge­wen.

“Dit was ’n goeie wed­stryd, ’n goeie oor­win­ning. Ek het daar­in ge­slaag om kalm te bly,” het Wa­wrin­ka ge­sê.

Wa­wrin­ka het 105 wen­houe ge­slaan, een of twee keer die bal deur sy be­ne ge­slaan, met hom­self die spot ge­dryf en ook ’n paar houe ge­wis­sel met een van die bal­jog­gies ter­wyl Troicki be­han­de­ling vir ’n be­se­ring ont­vang het.

Wa­wrin­ka kom in die kwart­eind­ron­de teen die on­be­son­ge S­pan­jaard Al­bert Ra­mos-Vi­no­las, wat net soos sy groot held Ra­fa­el Na­dal links­han­dig is, te staan.

Ra­mos-Vi­no­las, wat 55ste op die wê­reld­rang­lys is en nog nooit ver­der as die twee­de ron­de in 18 Grand Slam-wed­stry­de kon vor­der nie, het ver­ras toe hy die ag­ste ge­keur­de, Mi­los Ra­o­nic van Ka- na­da, met 6-2, 6-4, 6-4 uit­ge­ska­kel het.

Dit was slegs Ra­mos-Vi­no­las se twee­de oor­win­ning oor ’n top10-spe­ler na­dat hy Ro­ger Fe­de­rer ver­le­de jaar ge­klop het en Vry­dag met die 23ste ge­keur­de, Jack Sock, klaar­ge­speel het.

“Ek is in my nop­pies en het dit nooit ver­wag nie,” het Ra­mos-Vi­no­las ge­sê, wat nog nooit ver­der as die eer­ste ron­de op Ro­land Gar­ros kon vor­der nie.

Drie an­der S­pan­jaar­de sal van­dag pro­beer om hul­le by Ra­mos-Vi­las in die kwart­eind- ron­de aan te sluit. Hul­le is Ro­ber­to Bau­tis­ta A­gut wat teen die eer­ste ge­keur­de, No­vak D­jo­ko­vic, speel, Da­vid Fer­rer wat teen To­mas Ber­dych te staan kom, en Mar­cel Gra­nol­lers, wat ’n vry­pas ge­kry het na­dat Na­dal hom ont­trek het.

) An­dy Mur­ray van B­rit­tan­je het gis­ter­aand ook tot die kwart­eind­ron­de deur­ge­dring na­dat hy die groot sla­ner van die VSA John I­s­ner, met 7-6(9), 6-4, 6-3 ge­klop het.

Dié wed­stryd is in die twee­de stel deur re­ën on­der­breek.

Fo­to: REUTERS

Oë op die bal. S­tan Wa­wrin­ka op pad na sy oor­win­ning oor Vic­tor Troicki in die vier­de ron­de van die Fran­se Ope­ten­nis­toer­nooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.