Ha­mil­ton bo in Mo­na­co ná Red Bull­blaps

Beeld - - Tot U Diens -

Mo­na­co. – ’n Ju­be­len­de Le­wis Ha­mil­ton sê sy ge­be­de is ver­hoor na­dat hy Son­dag sy twee­de oor­win­ning in die Mo­na­co F1-Grand P­rix be­haal het.

“Ek is spra­ke­loos” het Ha­mil­ton ge­juig. “Ek het ge­bid vir ’n dag soos van­dag (Son­dag) en voel baie ge­se­ënd. Dit was een van die straf­ste ren­ne waar­in ek tot nog toe ge­jaag het,” het Ha­mil­ton ge­sê na­dat hy agt jaar moes wag voor­dat hy vir die twee­de keer hier kon wen.

Ha­mil­ton het voor die Aus­sie Da­niel Ric­ci­ar­do (Red Bull) ge­ëin­dig met Ser­gio Pé­rez (For­ce In­dia) in die der­de plek.

Die ge­luk was aan Ha­mil­ton se kant, want on­danks ’n span­op­drag het hy be­sluit om met die­self­de ban­de voort te jaag op ’n nat baan.

Ric­ci­ar­do, wat in die 23ste rond­te ge­rief­lik voor Ha­mil­ton was, is deur sy span aan­ge­sê om ban­de om te ruil. Daar was ’n lang ge­sloer in die kui- Le­wis Ha­mil­ton gooi sy han­de in die lug na­dat hy die Mo­na­co­Grand P­rix ge­wen het. Die Aus­sie Da­niel Ric­ci­ar­do (links) kon skaars sy te­leur­stel­ling ver­berg met sy twee­de plek. Ser­gio Pé­rez was der­de. pe om­dat sy on­der­steu­ning­span nie die ban­de ge­reed ge­had het nie en is hy deur Ha- mil­ton ver­by­ge­steek.

“Dit maak seer. Daar­die ban­de moes ge­reed ge­wees het. Ek wil eint­lik nie daar­oor praat nie. Twee ren­ne in ’n ry, twee ren­ne in ’n ry (die span het ook in die S­paan­se ren ’n soort­ge­ly­ke fout be­gaan), dis al wat ek kan sê.

“Ek het nie die be­sluit ge­neem nie. Dis baie, baie te­leur­stel­lend en ont­set­tend moei­lik om te ver­werk,” het Ric­ci­ar­do te­leur­ge­steld ge­sê.

Hel­mut Mar­ko, Red Bull se ad­vi­seur, het lig pro­beer werp oor die blaps in die kui­pe.

“Ons het dit aan Mer­ce­desBenz ge­gee. Daar was baie mis­ver­stan­de en nie die reg­te kom­mu­ni­ka­sie nie. Ons sal dit on­der­soek. Dit was ’n mens­li­ke fout,” het Mar­ko by­ge­voeg.

Ric­ci­ar­do het sy bes pro­beer om Ha­mil­ton in te haal en was in die 37ste rond­te op sy hak­ke toe die vei­lig­heids­mo­tor ont­plooi is na­dat Max Ver­stap­pen, wat die vo­ri­ge F1-ren in S­pan­je ge­wen het, in ’n on­ge­luk be­trok­ke was.

Ha­mil­ton is nou 24 pun­te ag­ter Ni­co Ros­berg, sy span­maat wat ses­de klaar­ge­maak het.

Fidji­aan Re­bels se held teen We­stern For­ce

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.