Cut­ting skit­ter met kolf en bal in Sun­ri­sers se se­ge

Beeld - - Tot U Diens - Jo­hann de Ja­ger

Bloem­fon­tein. – Die aan­dag was op Da­vid War­ner, maar dit was die Sun­ri­sers Hy­de­ra­bad se an­der Aus­sie wat die Roy­al C­hal­len­gers Ban­ga­lo­re se har­te gis­ter­aand in die eind­stryd van die In­die­se P­re­mier­liga (IPL) ge­breek het.

Ben Cut­ting was met ’n veel­sy­di­ge ver­to­ning gis­ter in Ban­ga­lo­re een van die hel­de van die Sun­ri­sers, wat met agt lo­pies ge­wen het om die ti­tel die eer­ste keer te wen.

War­ner (69, 38 b) het die tuis­span vroeg ge­kas­ty, maar dit was dank­sy Cut­ting (39*, 15 b) se war­rel­wind-kolf­beurt teen die ein­de van hul kolf­beurt dat die Sun­ri­sers die 200-kerf ver­by­ge­steek het.

Die be­soe­kers se 208/7 het te min ge­lyk met Chris Gay­le (76, 38 b, 4x4;8x6) ’n slag weer op sy stuk­ke.

Dit was maar Gay­le se twee­de vyf­tig­tal van­jaar.

Gay­le en sy kap­tein, Vi­rat Koh­li (54), het net soos die Sun­ri­sers ook 59/0 ná hul krag­spel ge­had.

Die tel­ling was 100/0 ná net ne­ge beur­te toe Cut­ting (2/35) met die paal­tjie van Gay­le die deur­braak met die bal vir die be­soe­kers ge­maak het.

Die druk was te­rug op die tuis­span toe Gay­le, Koh­li én AB de Vil­liers (5) in vier beur­te uit­ge­haal is.

Cut­ting het, met 51 wat van die laas­te vyf beur­te be­no­dig is, weer toe­ge­slaan deur Lo­kesh Ra­hul (11) skoon te boul.

En met die val van S­ha­ne Watson (22) se paal­tjie in die beurt daar­na was die tuis­span ver­der in die knyp.

Hy het aan die ein­de 18 be­no­dig van die laas­te boul­beurt wat deur B­hu­vnes­ha­war Ku- mar (0/25) af­ge­stuur is.

Die tuis­span sal vol­gen­de jaar in die tien­de IPL-reeks maar weer moet pro­beer na­dat hy toe tot net 200/7 be­perk is.

Vroe­ër het War­ner en S­hik­har D­ha­wan (28) die be­soe­kers ’n goeie grond­slag van 63 van 40 bal­le ge­gee na­dat War­ner die loot ge­wen het.

War­ner het sy 10de vyf­tig­tal in van­jaar se toer­nooi van 24 bal­le be­haal.

Die be­soe­kers was by die half­pad­merk op 97/2 goed ge­plaas.

Dit het in ’n sta­di­um nie ge­lyk of hul­le dit kan ver­dub­bel nie, maar dank­sy die Qu­eens­lan­der Cut­ting se goeie eind­po­ging is 40 van die laas­te twee boul­beur­te ge­mo­ker.

Ver­al sy land­ge­noot S­ha­ne Watson (0/61) het kwaai deur­ge­loop.

Daar is 19 lo­pies in sy eer­ste beurt en 24 in die 20ste beurt ge­mo­ker.

Die tuis­span se 14 ek­stras het hom ook uit­ein­de­lik duur te staan ge­kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.