Ga­te­be ver­plet­ter Com­ra­des­re­kord

Beeld - - Sport - Sa­rel van der Walt

Dur­ban. – Na­dat hy die see ge­ruik en steeds sterk kon hard­loop, het hy ge­weet nie­mand sal hom meer in­haal nie.

Só het die 35­ja­ri­ge Da­vid Ga­te­be ge­sê na­dat hy die Rus Le­o­nid S­hvet­sov se re­kord van 5:20:41 wat ne­ge jaar ge­le­de op­ge­stel is, in gis­ter se af­Com­ra­des oor 89.2 km tus­sen Pie­ter­ma­ritz­burg met meer as 2 mi­nu­te oor­tref het.

Hy het in 5:18:19 eer­ste in die Kings­me­ad­krie­ket­sta­di­on oor die eind­streep ge­hard­loop.

Ga­te­be het meer as R1 mil­joen met dié oor­win­ning los­ge­hard­loop.

Lud­wick Ma­ma­bo­lo, kam­pi­oen in 2012, was twee­de in 5:24:05.

Dit is twee hon­derd­stes van ’n se­kon­de vin­ni­ger as die re­kord wat Bru­ce For­dy­ce vir 21 jaar ge­hou het.

Bon­gu­sa Mt­hem­bu wat twee jaar ge­le­de die af­wed­loop ge­wen het, was dié keer der­de (5:26:39).

Al tien gou­e­me­dal­je­wen­ners het tye van vin­ni­ger as 5:39 ge­hard­loop.

Mn­ce­di­si Mk­hi­ze wat tien­de was in 5:38:34, sou in 1993 met dié tyd ge­wen het.

Ga­te­be het in 2013 ook die Twee O­se­a­ne­wed­loop oor 56 km in die Kaap­se S­kier­ei­land ge­wen.

Hy is ’n oe­fen­maat van Gift Ke­le­he, ver­le­de jaar se kam­pi­oen.

Soos Ke­le­he, wat dié keer nie on­der die gou­e­me­dal­je­wen­ners kon ein­dig nie en met ’n tyd van 6:09:41 te­vre­de moes wees, kom hy van Rus­ten­burg af.

Ga­te­be is boon­op die der­de Com­ra­des­kam­pi­oen wat die af­rig­ter John Ham­lett op­le­wer.

“Ek het voor die wed­loop vir my af­rig­ter ge­sê ek wil die re­kord pro­beer oor­tref.

“Met 35 km oor, het ek be­sluit om my skuif te maak en hard te be­gin hard­loop,” het Ga­te­be, die SA ma­ra­thon­kam­pi­oen in 2008, ge­sê.

Net voor Field’s Hill het hy die voor­tou ge­neem en end­uit voor­ge­bly. Toe hy ná Pi­ne­town Co­wies Hill oor is, het hy steeds sterk ge­lyk.

Dit was toe al dui­de­lik hy sou nie mak­lik in­ge­haal word nie. Die ga­ping tus­sen hom en Ma­ma­bo­lo het al­gaan­de gro­ter ge­word.

“Nee wat, ek is nie eint­lik ’n ou vir fees­vie­rin­ge nie. Mô­re­og­gend sal ek en my oe­fen­maats dit met ’n ses­sie vaart­ver­snel­lings vier,” het Ga­te­be ge­sê.

Ma­ma­bo­lo, wat voor­af ge­sê het wie ook al die Com­ra­des wil wen, moet hom eers klop, was nie te­ leur­ge­steld met sy twee­de plek nie.

“Al­ler­mins. Ek het my vo­ri­ge bes­te tyd met 8 mi­nu­te oor­tref.

“Ek is ’n kam­pi­oen en kam­pi­oe­ne ver­loor ook soms,” het dié ag­ter­klein­kind van die le­gen­da­rie­se oud­ S­pring­bok Ti­tus Ma­ma­bo­lo ge­sê.

“Ek het swaar ge­kry. Die ou­ens het baie vin­nig be­gin. Ek is dank­baar ons het nou die bui­te­lan­ders se hou­vas op die Com­ra­des ge­breek.”

Fo­to: IAN CARBUTT

Re­kord­bre­ker! Da­vid Ga­te­be (regs) om­hels Lud­wick Ma­ma­bo­lo na­dat hy gis­ter in Dur­ban eer­ste oor die eind­streep van die Com­ra­des­wed­loop ge­draf het en die vo­ri­ge re­kord ver­plet­ter het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.