Coet­zee wil be­sten­di­ge spe­lers kies

Al­lis­ter ver­dui­de­lik sy Bok­keu­ses

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

S­tel­len­bosch. – Die goeie rug­by wat S­car­ra N­tu­be­ni en Bon­gi M­bo­nam­bi oor ’n paar sei­soe­ne ge­speel het, het hul neu­se voor dié van Mal­colm Marx ge­kry in die wed­loop om ’n plek in die S­pring­bok-groep.

Só het die Bok-af­rig­ter, Al­lis­ter Coet­zee, die weg­la­ting ver­dui­de­lik van Marx, wat as ha­ker vir die Leeus in van­jaar se Su­per­rug­by-reeks uit­blink.

“Mal­colm is ’n on­ge­loof­li­ke spe­ler en daar is by my geen twy­fel dat hy ’n S­pring­bok sal word nie,” het Coet­zee ge­sê.

“S­car­ra speel al vir et­li­ke sei­soe­ne goeie rug­by. Bon­gi laat hom ook al ’n ge­rui­me tyd geld. Ek wil spe­lers be­loon vir wat hul­le oor meer as ’n sei­soen ver­mag het.”

Marx en die Sout­hern Kings se Ed­gar Ma­rut­lul­le is die ha­kers van die SA A-groep wat ge­kies is vir twee wed­stry­de teen En­ge­land se Saxons in Ju­nie.

“Die SA A-span is nie ’n trans­for­ma­sie­span nie. Dis ’n kort­lys vir die Bok-span. Ten­sy daar uit­son­der­li­ke om­stan­dig­he­de is, sal ek in die ge­val van ’n be­se­ring by die Bok­ke nie ’n spe­ler van bui­te die SA A-span kies nie,” het Coet­zee ge­sê.

“As El­ton Jan­tjies se vin­ger­be­se­ring hom by­voor­beeld bui­te re­ke­ning laat en Pa­trick Lam­bie word deur griep plat­ge­trek voor ’n toets, sal ek twee keer dink voor­dat ek Garth A­pril op los­ska­kel laat be­gin. Ek moet hom sta­dig maar se­ker bloot­stel,” het Coet­zee ge­sê.

Oor A­pril se ta­lent is Coet­zee op­ge­won­de.

“Hy val die voor­deel­lyn aan, skop goed en hou sy kop in groot wed­stry­de. Ek sou nooit ’n los­ska­kel van oor­see kies om ons der­de keu­se hier te wees nie. Dís hoe erns­tig ons daar­oor is om jong spe­lers ge­leent­he­de te gee,” het Coet­zee ge­sê.

Die keu­se van Nic Groom as ’n skrum­ska­kel het ook die wenk­broue laat lig, maar Coet­zee meen sy be­sten­dig­heid oor et­li­ke sei­soe­ne ver­dien be­lo­ning.

“Groo­m­ie het al in moei­li­ke wed­stry­de ge­speel en ge­groei as spe­ler. Hy is ’n goeie ver­de­di­gen­de skrum­ska­kel en het goeie ba­sie­se vaar­dig­he­de.

“Ru­an Pie­naar was nie be­skik­baar nie en Co­bus Rei­nach is be­seer,” het Coet­zee ge­sê.

) Coet­zee se eer­ste groot ta­me­le­tjie wag wan­neer hy oor sy be­gin-los­ska­kel teen Ier­land moet be­sin.

Sy me­die­se span het be­ves­tig Jan­tjies, ’n uit­blin­ker vir die Leeus in die Su­per­rug­by-reeks, be­hoort be­tyds van sy vin­ger­be­se­ring te her­stel.

Dit sal hom weer laat dink oor die keu­se van Lam­bie, ie­mand wat hy graag as kap­tein wil aan­wys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.