Leeus is Suid­A­fri­ka se e­nig­ste hoop op Su­per­rug­by­glo­rie

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

P­re­to­ria. – ’n Twee­de 50-tal vir die Leeus en Suid-A­fri­ka het die eer­ste keer in baie sei­soe­ne ’n wa­re aan­spraak­ma­ker op die Su­per­rug­by-kroon.

Met die fo­kus wat vir eers na in­ter­na­si­o­na­le rug­by ver­skuif, is die Leeus en ’n string Ni­euSee­land­se span­ne sterk in die Su­per­rug­by-wed­loop.

In Suid-A­fri­ka is daar my­le tus­sen die Jo­han­nes­burg­se span en die res.

Die S­tor­mers het die C­hee­tahs Sa­ter­dag op Nu­we­land ge­klop, maar dit is dui­de­lik die Kaap­se span is ver van kam­pi­oen-ka­li­ber. Die­self­de geld die Haaie en die Bul­le.

Die Lig­blou­es het op Lof­tus Vers­feld ’n ver­ne­de­ren­de loe­sing teen die Leeus op die lyf ge­loop.

Was dit die­self­de span wat die vo­ri­ge na­week die S­tor­mers ge­boe­lie het?

Die Leeus se oor­heer­sing het die ga­ping tus­sen hul­le en die an­der plaas­li­ke span­ne be­ves­tig.

War­ren W­hi­te­ley-hul­le het ná die rug­by­les wat hul ver­le­de maand by die Hur­ri­ca­nes ge­kry het, ver­woes­ting ge­saai.

Hul­le het se­dert­dien die Blu­es (in die re­ën), die Ja­gua­res en die Bul­le met on­der­skei­de­lik 43-5, 52-24 en 56-20 ge­klop.

Jo­han Ac­ker­mann, die Leeusbrei­er, het ná die Lof­tus-slag­ting er­ken hy het nie ver­wag om die buur­man­stryd só oor­tui­gend te wen nie.

“Die Bul­le is ’n goeie span van­jaar. Hul­le is fi­siek en ver­de- dig sterk en ek sou eer­lik­waar net wou wen.

“Dit was een van die be­lang­rik­ste se­ges dié sei­soen, want ons wou met goeie mo­men­tum af­sluit om die buf­fer tus­sen ons en die Haaie te be­hou.

“Die uit­slag het my ver­ras. Dit was ’n goeie ver­to­ning teen ’n goeie span en ons aan­vaar dit nie as van­self­spre­kend nie. Ons het im­mers ook on­langs 50 pun­te af­ge­staan.”

W­hi­te­ley het ge­sê sy span het ’n moei­li­ke af­spraak op Lof­tus ge­had teen ’n span wat vol ver­troue was.

“Die uit­da­ging ná twee goeie we­ke was om ons voe­te op die grond te hou en be­sten­dig te wees. Dit sal weer ons ge­meen- skap­li­ke doel­wit wees wan­neer die reeks (in Ju­lie) her­vat.”

Die Ju­nie-toet­se kom op die ver­keer­de tyd vir die Leeus, maar W­hi­te­ley sê dit is ’n ont­wrig­ting wat al die span­ne te bo­we moet kom.

Die Leeus kom in die Su­per­rug­by-pyl­vak tuis teen die Haaie en die Kings te staan, waar­ná die Ja­gua­res hul gas­heer in Ar­gen­ti­nië sal wees.

) Ac­ker­mann, wat aan­ge­wys is as die hoof­af­rig­ter van die Suid-A­fri­kaan­se A-span, sê hy sal van­dees­week in S­tel­len­bosch by die Bok-kamp “hoor wat Al­lis­ter (Coet­zee) van my ver­wag”.

Dié span speel op 10 en 17 Ju­nie in Bloem­fon­tein en Ge­or­ge teen En­ge­land se Saxons.

“Daar is nie baie tyd om met die span te werk nie en ek sal fo­kus op die ba­sie­se din­ge.

“Dit be­lang­rik om Al­lis­ter te on­der­steun en ek sal nie die wiel pro­beer her­ont­werp nie. As hy wil hê ek moet sy blou­druk vir die Bok­ke volg, doen ek dit in na­si­o­na­le be­lang.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.