Prof. Piet trou met sy tou­lei­er

Beeld - - Front Page - Vi­cus B­ü­r­ger

Prof. Piet Strauss, voor­ma­li­ge NG mo­de­ra­tor, gaan trou met die siel­kun­di­ge met wie hy na be­we­ring vroe­ër in ’n bui­te-eg­te­li­ke ver­hou­ding was.

Strauss (64), ’n voor­ma­li­ge hoof­lei­er van Die Voor­trek­kers, en C­ha­ron S­treit (52), ’n voor­ma­li­ge ad­junk­hoof­lei­er van Die Voor­trek­kers, het al­bei gis­ter be­ves­tig hul­le be­plan om ein­de Ju­lie te trou.

Strauss se be­weer­de ver­hou­ding met S­treit, ’n siel­kun­di­ge van Kim­ber­ley, het ver­le­de jaar op­slae ge­maak.

Hy is op 7 Mei 2015 van sy vrou, Ria, ge­skei.

Strauss en S­treit het die be­we­rings ten sterk­ste ont­ken. Strauss het ge­sê hy en S­treit het net “’n be­son­der­se vriend­skap”.

In die kerk­li­ke on­der­soek na die eg­skei­ding kon geen re­de ge­vind word om te ver­moed dat Strauss o­wer­spel ge­pleeg het nie.

Strauss en S­treit hou steeds vol dat hul­le nooit in ’n bui­te-eg­te­li­ke ver­hou­ding was nie. Hul­le sê “’n nu­we ver­hou­ding” het tus­sen hul­le ont­staan.

“Hy het eers ver­le­de jaar laat by my be­gin kui­er,” sê S­treit.

Strauss en S­treit is nog al­bei le­de van Die Voor­trek­kers.

Strauss is aan die NG kerk De Bloem ver­bon­de en do­seer aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat.

S­treit

Strauss

Ria Strauss

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.