‘EFF­ra­de sal grond vat, nie ver­goed’

Beeld - - Nuus - A­li­ces­ti­ne Oc­to­ber

Die EFF wil grond in plek­ke soos S­tel­len­bosch en Sand­ton te­rug­neem – son­der ver­goe­ding.

“Ons kan nie be­taal vir ge­steel­de grond nie,” het die par­ty op T­wit­ter ge­sê.

In mu­ni­si­pa­le ge­bie­de waar die EFF gaan re­geer, sal grond te­rug­ge­neem en her­ver­deel word, het M­buyi­se­ni Nd­lo­zi, EFF-woord­voer­der, ge­sê.

“Die vo­ri­ge grond­ei­e­naars sal ook hul deel kry. Hul­le is ook mos Suid-A­fri­ka­ners. Ons sal tot in die hoog­ste hof veg hier­voor.”

Dié uit­spra­ke kom te mid­de van kri­tiek uit se­ke­re ge­le­de­re oor die Wets­ont­werp op Ont­ei­e­ning, wat ’n nu­we wets­raam­werk vir grond­ont­ei­e­ning skep.

Vol­gens Nd­lo­zi gaan die wets­ont­werp nie ver ge­noeg om die “ko­lo­ni­a­le mis­daad wat ge­pleeg is, op te los nie”.

“Meer as 500 000 men­se word in A­lex­an­dra ge­dwing om 7 km² te deel, maar in Sand­ton het in­wo­ners meer as 150 km².”

Vol­gens die EFF se be­re­ke­nin­ge is “S­tel­len­bosch ’n ge­bied wat 793 km² be­slaan met ’n be­vol­king van 35 750 en so­wat tien huis­hou­dings per vier­kan­te ki­lo­me­ter, ter­wyl K­ha­ya­man­di net langs­aan ly. K­ha­ya­man­di be­slaan 2 km² met 24 645 men­se en 5 551 huis­hou­dings per vier­kan­te ki­lo­me­ter.”

Vol­gens Nd­lo­zi moet grond­ei­e­naars be­sef dit is on­aan­vaar­baar om groot stuk­ke ei­en­dom te be­sit ter­wyl ’n me­nig­te men­se langs­aan kre­peer van el­len­de.

Vir dié par­ty be­te­ken me­de­din­ging in ’n mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing ook me­de­din­ging oor grond, want selfs ’n mu­ni­si­pa­li­teit is op grond, meen Nd­lo­zi.

Die par­ty wil mu­ni­si­pa­le ver­or­de­nin­ge skep wat grond “reg­ver­dig sal ont­ei­en vir al­le in­wo­ners vir re­si­den­si­ë­le, ny­wer­heids- en land­bou­doel­ein­des”. “Son­der grond bly ons men­se kui­er­gas­te in hul ge­boor­te­land.”

Ralph Mat­hek­ga, on­af­hank­li­ke po­li­tie­ke ont­le­der, het by na­vraag ge­sê teg­nies be­hoort mu­ni­si­pa­le ver­kie­sings oor plaas­li­ke kwes­sies soos diens­te te gaan, maar die mees­te po­li­tie­ke par­tye, soos die EFF, ANC en die DA, trap oor die skeids­lyn tus­sen die be­voegd­he­de van mu­ni­si­pa­li­tei­te, pro­vin­si­a­le re­ge­rings en die na­si­o­na­le re­ge­ring.

“Mu­ni­si­pa­le be­stuur het so ra­di­kaal en po­li­ties ge­word dat kwes­sies soos hui­se (en dus grond) en vei­lig­heid, wat na­si­o­na­le kwes­sies is, net so be­lang­rik word vir kie­sers wat dak­loos en werk­loos is en op straat be­roof word.”

M­buyi­se­ni Nd­lo­zi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.