Re­ge­ring steun g’n ge­weld in nuus­bul­le­tins

Beeld - - Nuus - – L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die SAUK se be­sluit om nie meer beeld­ma­te­ri­aal van ge­weld­da­di­ge be­to­gings in sy nuus­bul­le­tins te wys nie, sal “maat­skap­li­ke sta­bi­li­teit, na­si­o­na­le i­den­ti­teit, pa­tri­o­tis­me en ’n lief­de” vir Suid-A­fri­ka be­vor­der.

“Ons meen die o­pen­ba­re uit­saai­er se be­sluit om nie in sy nuus­bul­le­tins beeld­ma­te­ri­aal te wys waar men­se o­pen­ba­re in­stel­lings, soos sko­le en bi­bli­o­te­ke, af­brand nie, sal help om aan­dag­soe­ken­de a­nar­gis­te te ont­moe­dig,” sê Faith Mut­ham­bi, mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie.

Co­sa­tu sê die SAUK het nie die man­daat om vir die land se uit­da­gings ’n mas­ker op te sit nie.

Dit ge­tuig van ou­to­kra­sie en maak die aan­na­me dat Suid-A­fri­ka­ners vat­baar is vir en be­skerm moet word teen “bar­baar­se” op­tre­de so­dat hul­le dit nie her­haal nie. “Ons is nie ’n op­pas­sers­taat nie en be­no­dig nie ’n oor­be­sker­men­de o­pen­ba­re uit­saai­er om vir ons te sorg nie.”

Mut­ham­bi sê die de­par­te­ment re­spek­teer die SAUK se re­dak­si­o­ne­le on­af­hank­lik­heid.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.