Mu­siek­vi­deo het ge­ba­re­taal

San­ge­res maak dit spe­si­aal vir do­wes

Beeld - - Nuus - C­har­lea Sie­ber­ha­gen

’n Mu­siek­vi­deo vir do­wes word van­dees­week uit­ge­reik.

Die san­ge­res en pa­ro­die­kuns­te­naar Rea le Roux het saam­ge­span met twee ver­vaar­di­gers van ’n vi­de­o­p­ro­duk­sie­maat­skap­py om ’n mu­siek­vi­deo met ge­ba­re­taal te maak.

Sy meen daar word plaas­lik nie ge­noeg ge­doen om do­we men­se by ver­maak te be­trek nie.

Die vi­deo van die lied­jie “Ver­loor op jou” is op ’n plaas bui­te P­re­to­ria ver­film.

“Dit het al­les be­gin toe ek so­wat twee maan­de ge­le­de op­ge­tree het op ’n troue waar die mees­te van die gas­te doof was.

“Die gas­te het ge­sê hul­le het ge­hou van die mu­siek en het tot laat ook vol e­ner­gie ge­dans. Ek was ver­stom,” sê Le Roux oor waar die i­dee van­daan kom.

Sy het Jaco en Jas­per Louw, broers en ei­e­naars van ’n pro­duk­sie­maat­skap­py, op die troue ont­moet. “Hul­le het aan my ver­dui­de­lik dat do­we men­se mu­siek deur li­rie­ke er­vaar wat met ge­ba­re­taal aan hul­le ver­dui­de­lik kan word wan­neer dit li­ve ge­sing word. Reg deur die se­re­mo­nie het ’n ge­ba­re­taal­tolk li­rie­ke vir die bruids­paar ge­tolk om die lied­jies aan hul­le te ver­dui­de­lik,” sê Le Roux.

Jas­per is doof, maar Jaco, wat ge­deel­te­lik kan hoor, het hul­le ge­help om te kom­mu­ni­keer toe hul­le die mu­siek­vi­deo ver­film en ver­vaar­dig het, sê Le Roux.

Le Roux meen hul­le kon van geen an­der “hoof­stroom- A­fri­kaan­se mu­siek­vi­deo” uit­vind wat vir do­we men­se toe­gank­lik is nie.

Sy het die san­ger Ter­ti­us van Ton­der ge­na­der om ’n lied­jie te skryf en saam met haar te sing.

Ni­co­li­ne du Toit tolk die li­rie­ke in die hoek van die vi­deo.

“In show bu­si­ness ca­ter nie­mand vir do­we men­se nie en ek wil net wys ie­mand dink ook aan hul­le,” sê Le Roux.

Sy meen Suid-A­fri­kaan­se kuns­te­naars kan meer doen om do­we men­se in ag te neem.

“Do­we men­se wil ook mu­siek waar­deer en dit is eint­lik so mak­lik om ’n lied­jie vir hul­le toe­gank­lik te maak.”

’n S­kerm­greep uit Rea le Roux se mu­siek­vi­deo “Ver­loor op jou”, wat toe­gank­lik is vir do­we men­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.