Zep­ha­ny gaan in VSA stu­deer

Beeld - - Nuus - Ja­na B­rey­ten­bach

Kaap­stad. – Zep­ha­ny Nur­se, die jong vrou wat by­na 20 jaar ge­le­de as ’n ba­ba uit die Groo­te S­chuur-hos­pi­taal hier ge­steel is, sal in die na­bye toe­koms in die VSA gaan stu­deer.

Zephra Nur­se het gis­ter bui­te die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad ge­sê haar klein­dog­ter het ’n beurs ge­kry om in New York te stu­deer, maar sy wou nie sê wat Zep­ha­ny gaan stu­deer nie.

Die af­ge­lo­pe jaar, se­dert Zep­ha­ny uit­ge­vind het sy is as drie dae oue ba­ba ge­steel, was vir haar moei­lik, maar sy het baie be­ra­ding ont­vang en haar ban­de met haar bi­o­lo­gie­se ou­ers, Ce­les­te en Mor­né Nur­se, ver­sterk, vol­gens haar ou­ma.

“Sy en haar pa het ’n goeie ver­hou­ding.”

Zep­ha­ny woon nog by haar groot­maak­pa.

“’n Jaar ge­le­de was sy baie ge­skok en dit het nie mak­li­ker ge­word nie. Dit is baie moei­lik vir haar om te ge­tuig,” sê die ou­ma.

“Sy het reg­tig deur ’n moei­li­ke tyd ge­gaan en sy was kwaad vir haar ma, maar dit gaan nou baie be­ter met haar.”

Die staat het gis­ter in die hof be­ves­tig dat Zep­ha­ny ter ver­swa­ring teen haar groot­maak­ma sal ge­tuig.

“Sy wil ge­tuig. Sy het self be­sluit,” het die ou­ma ge­sê.

Von­nis­op­leg­ging was ver­on­der­stel om te be­gin, maar die be­skul­dig­de se regs­ver­teen­woor­di­ger, Re­az K­han, het die hof om uit­stel ge­vra.

Ver­skeie ver­slae is nog nie ge­reed nie om­dat die uit­spraak ná twee maan­de nog nie ge- tran­skri­beer is nie. “Ons het die uit­spraak no­dig om die ver­slae te fi­na­li­seer,” het K­han ge­sê.

Die groot­maak­ma, ’n 50-ja­ri­ge vrou van die sui­de­li­ke voor­ste­de, is in Maart skul­dig be- vind op aan­klag­te van men­se­roof, be­drog en twee oor­tre­dings in­ge­vol­ge die Kin­der­wet.

Die staat het gis­ter ’n aan­soek by die hof in­ge­dien om Zep­ha­ny in ca­me­ra te laat ge­tuig.

Vol­gens die staat is dit ’n baie sen­si­tie­we saak met sen­si­tie­we in­lig­ting waar­oor die staat nie wil hê die me­dia moet be­rig nie.

Reg­ter John Hlop­he, reg­ter­pre­si­dent van die Wes-Kaap, het die aan­soek ge­hand­haaf, as­ook K­han se aan­soek om uit­stel.

Von­nis­ver­rig­tin­ge sal op 1 Au­gus­tus be­gin.

) Zep­ha­ny Nur­se se naam waar­mee sy groot­ge­word het mag in­ge­vol­ge ’n hof­be­vel nie be­kend ge­maak word nie en so ook nie die be­skul­dig­de se naam nie.

Fo­to’s: JACO MARAIS

Mor­né Nur­se praat met joer­na­lis­te na­dat die saak teen die vrou wat sy dog­ter 20 jaar ge­le­de ge­steel het met nog twee maan­de uit­ge­stel is.

Ce­les­te Nur­se gis­ter bui­te die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad na­dat die saak teen die vrou wat haar kind ge­steel het, uit­ge­stel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.