Vrou wat be­drieg nie tronk toe

Sy moet R270 000 bin­ne 5 j. te­rug­gee

Beeld - - Nuus - Tar­ren­Lee Ha­bel­gaarn

Die vrou wat kerke uit geld en goe­de­re van meer as ’n half­mil­joen rand be­drieg het deur voor te gee die geld gaan na kin­der­slag­of­fers wat in por­no­gra­fie ge­bruik is, het tronk­straf vry­ge­spring.

Le­o­ne S­teyn (23) is gis­ter in die land­dros­hof in Roo­de­poort tot kor­rek­tie­we toe­sig ge­von­nis na­dat sy vroe­ër skuld be­ken het.

Sy het op die aan­lyn­be­ra­dings­diens Mo­bieG tra­gie­se ver­ha­le oor dié “kin­der­slag­of­fers” ver­tel en só sim­pa­tie ge­wek.

Sy het min­stens 55 vals kin­der­pro­fie­le daar­voor ge­skep.

Mo­bieG het die NG kerk Qu­el­le­ri­na se lid­ma­te om sken­kings ge­vra en an­der kerke is ook be­trek.

S­teyn is ge­von­nis tot vyf jaar tronk­straf wat vir vyf jaar op­ge­skort is, maar sy moet die eer­ste drie jaar daar­van on­der kor­rek­tie­we toe­sig deur­bring. Sy sal ook in dié drie jaar ’n e­lek­tro­nie­se mo­ni­te­rings­toe­stel aan die en­kel moet dra. Sy mag wel werk toe gaan.

Daar word ook van haar ver­wag om R270 000 van die geld wat sy op be­drieg­li­ke wy­se be­kom het in paai­e­men­te van R4 500 per maand oor 60 maan­de aan Mo­bieG te­rug te be­taal. Die res van die sken­kings was goe­de­re.

S­teyn sal ook 16 uur ge­meen­skaps­diens per maand moet ver­rig en aan­hou om be­ra­ding vir haar dwelm­pro­bleem te on­der­gaan.

Sy mag in die vyf jaar geen al­ko­hol of dwelms ge­bruik nie.

Land­dros And­rea Da­vies het ge­sê die hof het die mi­ni­mum tronk­straf van 15 jaar oor­weeg, maar be­sef S­teyn sou die geld dan nie kon te­rug­be­taal nie om- dat sy geen in­kom­ste sou ver­dien nie.

Die hof het ook haar ou­der­dom en dat sy skuld be­ken het in ag ge­neem, hoe­wel die staat oor­wel­di­gen­de be­wy­se teen haar ge­had het as sy skuld ont­ken het.

S­teyn het men­se oor­tuig dat die kin­ders in ’n ge­hei­me plek ge­huis­ves word na­dat hul­le uit ’n “sa­ta­nie­se por­no­gra­fie­net­werk” ge­red is.

S­te­phnie Crou­se, uit­voe­ren­de di­rek­teur van Mo­bieG, het die von­nis ver­wel­kom en ge­sê sy is bly dat die hof­saak ver­by is.

“Dit het baie lank ge­vat, maar ek is bly ons is hier en dat ons al­mal kan aan­be­weeg. Ons het dit ge­doen om Mo­bieG se naam (in ere) te her­stel. Dit is nie lek­ker wan­neer so iets ge­beur nie.

“Ek hoop men­se sal steeds ver­troue in ons hê, want ons verskaf maan­de­liks be­ra­ding aan meer as 1 000 men­se. Ons is ’n diens wat an­der men­se help. Die sken­kings wat S­teyn ont­vang het, was nie Mo­bieG se eie geld nie, dit is deur men­se met goeie har­te ge­skenk, so dit is eint­lik hul­le wat seer­ge­kry het. Ek hoop men­se sal steeds hul har­te oop­maak en nie nou bang wees ná een per­soon se fout nie.”

Qu­en­tin van Huÿs­steen, S­teyn se regs­ver­teen­woor­di­ger, het ge­sê sy kli­ënt is te­vre­de met die uit­spraak en het nog nie aan­ge­dui of sy teen die von­nis gaan ap­pel­leer nie.

Fo­to: MA­RY­ANN PALMER

Le­o­ne S­teyn, wat kerke uit meer as ’n half­mil­joen rand se geld en goe­de­re ge­swen­del het, vroe­ër bui­te die land­dros­hof in Roo­de­poort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.