2 in­bre­kers aan­ge­keer wat buur­te in Jhb maan­de lank teis­ter

Beeld - - Nuus - Nom­bu­le­lo Ma­ny­a­na

Twee mans wat in ’n blou VW Golf ge­ry en ge­meen­skap­pe in vyf buur­te glo drie maan­de lank ge­ter­ro­ri­seer het, is die na­week in die Jo­han­nes­burg­se buurt Mont­go­me­ry Park in heg­te­nis ge­neem.

Die po­li­sie het die mans, na wie as die Blou Golf-ben­de ver­wys word, Son­dag­mid­dag ná ’n jaag­tog in Wes­park­weg aan­ge­keer.

Vol­gens C­li­ve Ma­her van die SCP-vei­lig­heids­maat­skap­py was die twee die af­ge­lo­pe drie maan­de in Mont­go­me­ry Park, Roo­se­velt Park, G­rey­mont, Nort­hcliff en Al­bert­vil­le be­dry­wig en kan hul­le ver­bind word met tot 80% van huis­bra­ke in dié om­ge- wings. “Hul­le slaan ge­woon­lik tus­sen 10:00 en 12:00 toe wan­neer nie­mand tuis is nie. SCP is al lank op soek na hul­le.”

Ma­her sê die in­sit­ten­des van die blou Golf het Son­dag­mid­dag by twee hui­se pro­beer in­breek toe hul­le deur ’n plaas­li­ke ge­meen­skaps­pa­trol­lie op­ge­merk is. SCP het hul­le van A­ri­zo­na­sin­gel in Nort­hcliff be­gin ag­ter­na­sit, maar het die Golf la­ter in Mont­go­me­ry Park ver­loor.

“Die po­li­sie het die mo­tor weer in Park­view op­ge­spoor na­dat hul­le by die twee­de huis pro­beer in­breek het.”

Die po­li­sie het hul­le ag­ter­na­ge­sit. Ma­her sê vol­gens in­wo­ners het daar ’n skie­te­ry tus­sen die po­li­sie en die ver­dag­tes uit­ge­breek.

“Toe die Golf van die po­li­sie pro­beer weg­kom het, het die mo­tor ’n fiets­ry­er ge­tref en daar­na in ’n paal vas­ge­ry.”

Die pas­sa­sier het pro­beer weg­kom deur oor hei­nings te spring, maar is deur hon­de vas­ge­keer en la­ter in heg­te­nis ge­neem.

Die be­stuur­der was ná die bot­sing te erg be­seer om te pro­beer weg­kom. Hy is op die to­neel in heg­te­nis ge­neem.

Ma­her sê die fiets­ry­er is in ’n kri­tie­ke toe­stand na ’n hos­pi­taal ge­bring.

Hy is dank­baar dat die mans aan­ge­keer is.

“Ons is baie ge­luk­kig dat ons hier­die men­se kon vang. Hul­le het die ge­meen­skap­pe ge­noeg ge­ter­ro­ri­seer.

“Ons is ook dank­baar teen­oor die po­li­sie wat so spoe­dig ge­re­a­geer het.”

Die blou Golf waar­van die in­sit­ten­des die ge­meen­skap­pe van die Jo­han­nes­burg­se buur­te Mont­go­me­ry Park, Roo­se­velt Park, G­rey­mont, Nort­hcliff en Al­bert­vil­le glo drie maan­de lank ge­teis­ter het.

Die fiets wat deur die blou VW Golf ge­tref is voor­dat die mo­tor in ’n paal vas­ge­jaag en die in­sit­ten­des in heg­te­nis ge­neem is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.