Buur­vrou dood: Oudd­welm­slaaf kry borg­tog

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Jan R­hee­ders, wat na be­we­ring sy 89-ja­ri­ge buur­vrou op Moe­ders­dag ver­moor het, het gis­ter er­ken hy het ver­skeie ke­re geld by haar ge­leen en dat hy al vir dwelm­ver­sla­wing be­han­del is.

Hy is in die land­dros­hof in Or­kney op borg­tog van R2 000 vry­ge­laat weens die moord op An­na­tjie Kru­ger.

Die staat gaan moont­lik ap­pel­leer teen die werk­lo­se R­hee­ders (31) se vry­la­ting op borg­tog, het Ja­c­ques S­wa­ne­poel, hoof­staats­aan­kla­er in K­lerks­dorp, ge­sê.

“Ons be­stu­deer nog die uit­spraak.”

Kru­ger se lyk is op 8 Mei in haar ka­mer ge­vind met ’n kus­sing­sloop oor haar af­ge­sny­de keel, het konst. A­mos K­ho­za, on­der­soek­be­amp­te, in R­hee­ders se borg­tog­ver­hoor ge­tuig.

Kru­ger se TV, sel­foon en Mer­ce­des-Benz is ge­steel. Die voer­tuig is so­wat ’n week la­ter in ’n veld na­by Or­kney ge­vind.

R­hee­ders ont­ken skuld. Hy het ge­tuig hy het Kru­ger drie jaar ge­ken en haar ge­reeld met ta­kies in en om die huis ge­help.

Die hof het gis­ter ge­hoor sy lin­ker­palm­af­druk is op ’n ta­fel in Kru­ger se slaap­ka­mer ge­vind.

Fa­mi­lie­fo­to’s van Kru­ger is ná R­hee­ders se in­heg­te­nis­ne­ming in sy mo­tor­huis ge­vind. Die po­li­sie het ook op ’n weg­ge­steek­te mes in R­hee­ders se woon­plek be­slag ge­lê wat na P­re­to­ria ge­stuur is vir fo­ren­sie­se toet­sing.

R­hee­ders het ge­tuig hy het ’n re­ha­bi­li­ta­sie­pro­gram ge­volg na- dat dwelms in 2013 in sy be­sit ge­vind is. Vol­gens hom het hy se­dert­dien net een keer weer tik ge­bruik.

Hy be­weer hy het ’n a­li­bi vir die moord om­dat hy op 8 Mei by sy pa se huis was. R­hee­ders het ge­tuig hy was nog van plan om Kru­ger se fo­to’s aan die po­li­sie te gee na­dat hy dit op 12 Mei in ’n vul­lis­hou­er ge­vind het. Hy het dit eg­ter nog nie ge­doen toe hy op 19 Mei ge­ar­res­teer is nie.

Hy be­weer ook sy palm­af­druk het in Kru­ger se ka­mer be­land toe hy haar ge­help het met haar TV se an­ten­na.

Han­ne­lie O­ber­hol­zer, vir die staat, het ge­sê nie­mand kan ge­tuig waar R­hee­ders vóór 10:00 op Moe­ders­dag was nie. Die staat sal ook ge­tui­e­nis lei dat R­hee­ders nooit in Kru­ger se ka­mer was vir die an­ten­na nie.

An­na­tjie Kru­ger

Jan R­hee­ders

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.