Lyk in kat­te­bak: Vrou wil kar nie meer hê

Beeld - - Nuus - An­le­rie de Wet

Ke­zia Mc Al­pi­ne, wie se man, Ke­vin, Don­der­dag­aand dood in hul mo­tor se ba­ga­sie­bak in Kru­gers­dorp ge­vind is, wil van die mo­tor ont­slae raak.

Ke­vin, ’n ver­se­ke­rings­ma­ke­laar wat bin­ne twee maan­de pa sou word, het die BMW 116i vir Ke­zia ge­koop en dit was die eg­paar se e­nig­ste mo­tor, sê Wi­cus Bar­nard (27), Ke­zia se broer.

“Sy wil van die mo­tor ont­slae raak. Sy wil nie in die mo­tor ry en op die sit­plek sit waar Ke­vin se moor­de­naars ge­sit het nie.”

Ke­vin is Don­der­dag­aand deur sy fa­mi­lie by die plaas­li­ke ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rum (GPF) as ver­mis aan­ge­meld.

Gert Jon­ker, voor­sit­ter van die GPF, sê Ke­vin se mo­tor is kort daar­na in Went­worth Park, “’n swak deel van die dorp”, ge­vind.

Die po­li­sie is in ken­nis ge- stel en Ke­vin se pa, Chris (53), het sy seun se naak­te lyk in plas­tiek toe­ge­draai kort daar­na in die kat­te­bak ge­vind, sê Ju­a­net­te Mc Al­pi­ne (51), Ke­vin se ma. Ke­vin is blyk­baar ver­skeie ke­re met ’n stomp voor­werp op die kop ge­slaan.

Wi­cus sê Ke­vin se lyk was wel in plas­tiek toe­ge­draai, maar hy was nie naak nie.

“Hy het ’n broek aan­ge­had wat ’n bie­tjie af­ge­trek was en sy hemp was so ge­lig dat jy sy maag dui­de­lik kon sien.”

Vol­gens Wi­cus is die hoog­swan­ger Ke­zia as voor­sorg­maat­re­ël hos­pi­taal toe ge­neem na­dat sy die nuus ge­hoor het. Sy is Sa­ter­dag ont­slaan.

Hy sê hy was gis­ter saam met sy sus­ter by ’n be­graf­nis­on­der­ne­ming om met die be­graf­nis­re­ë­lings te be­gin.

“My sus­ter is baie sterk. Sy is par­ty­maal hui­le­rig, maar sy bly sterk vir die ba­ba.”

Die lyk­skou­ing is gis­ter ge­hou en die fa­mi­lie ver­wag die ver­slag daar­oor bin­ne­kort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.