Groen­kloof­ver­dag­tes vry­ge­laat

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Op 10 Mei is drie vroue wat kort te­vo­re by die Groen­kloof­na­tuur­re­ser­vaat in P­re­to­ria aan­ge­val is, be­lo­we die ver­dag­tes gaan op ’n uit­ken­nings­pa­ra­de ver­skyn.

Tas­chia Slab­bert en haar ma is op 30 A­pril met mes­se ge­steek en am­per ver­krag.

Sa­las­ha­ni P­hasha is die na­week net voor hul­le ook aan­ge- val en by­na ver­krag.

Twee mans is kort daar­na aan­ge­keer.

Nou het die drie vroue ge­hoor die ver­dag­tes is vry­ge­laat son­der dat ’n uit­ken­nings­pa­ra­de ge­hou is.

“Ek het ty­dens die aan­val spe­si­fiek die man wat op my ge­lê het se ge­sig ge­krap so­dat ek hom la­ter kon ei­en. Ek het sy pet, wat hy met die weg­hard­loop ver­loor het, op­ge­tel vir DNS en so­dat ’n snuf­fel­hond hom kon op­spoor. Ter­wyl ek en my ma daar­na by die hos­pi­taal was, is ons ge­kon­tak. Een man is ge­vang. Ons is te­rug na die re­ser­vaat waar ons hom ge­ëi­en het,” het ’n ge­skok­te Slab­bert ge­sê.

Vroe­ër van­dees­maand is ’n nood­ge­meen­skaps­ver­ga­de­ring met die po­li­sie, stads­raad en me­tro­po­li­sie ge­hou. “Ek en my ma en Sa­las­ha­ni is daar, voor al daar­die hon­der­de men­se, be- lo­we dat hul­le ons sal kon­tak oor ’n uit­ken­nings­pa­ra­de.”

Nou blyk dit die ver­dag­tes is reeds op 3 Mei vry­ge­laat.

’n Woord­voer­der van die P­re­to­ria-Sen­traal-po­li­sie­kan­toor sê een ver­dag­te is op waar­sku­wing vry­ge­laat en vorm steeds deel van die on­der­soek na die voor­val­le.

Die an­der een is aan­ge­kla, maar kon met geen mis­daad ver­bind word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.