Ver­sor­ger be­dank ná vi­de­o­skok

K­ring­TV wys glo ba­bas hou van haar

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Die ver­sor­ger wat ’n ba­ba in ’n dag­s­org­sen­trum so woes in sy wieg­stoel ge­skud het dat sy kop op en af hop, het gis­ter be­dank.

Die 23-ja­ri­ge blon­de vrou het be­dank net voor­dat haar tug­ver­hoor by Die Ba­ba By­e­korf-dag­s­org­sen­trum in Cen­tu­ri­on sou be­gin.

Vol­gens Pe­tro Pie­naar, die be­waar­skool se pro­ku­reur, sou die ver­sor­ger ver­hoor word op ’n klag van kin­der­mis­han­de­ling, dat sy die sen­trum se ge­drags­ko­de oor­tree het en dat sy die sen­trum se naam in on­eer ge­bring het.

Die vi­deo wys hoe sy met haar voet ’n so­ge­naam­de “Ba­by Boun­cer” waar­in die ba­ba op die vloer lê, wieg. Die wieg­stoel wieg so dat die kind skud.

Die ba­ba, die kind van Wer­ner (30) en Ta­ri­na Hu­man (28) van Cen­tu­ri­on, is se­we maan­de oud.

Pie­naar sê die ver­sor­ger het sum­mier be­dank weens die vi­deo. Sy het reeds in A­pril ge­sê sy gaan be­dank om te stu­deer.

’n Stu­dent (20) wat in die sorg­sen­trum ge­werk het, het die vi­deo ver­le­de week ge­maak en dit het toe op die lap­pe ge­kom.

Die stu­dent be­weer sy het ook an­der vi­deo’s ge­maak waar­op haar twee me­de­ver­sor­gers ba­bas hard­han­dig be­han­del.

Pie­naar sê die skool se ei­e­naars, Ma­ri­sa en Ma­ri­us van Rooy­en, het kring­te­le­vi­sie­ma­te­ri­aal van vei­lig­heids­ka­me­ras in die sen­trum se ver­trek­ke in­tus­sen be­kyk.

Pie­naar het ’n paar daar­van saam met die eg­paar be­kyk.

“Dit is merk­waar­dig dat al dié beeld­ma­te­ri­aal toon die ba­bas is mal oor die ver­sor­ger (wat gis­ter be­dank het). Sy sit die he­le tyd met hul­le en speel.”

Hul­le kon geen voor­val­le van mis­han­de­ling deur e­ni­ge ver­sor­ger daar­op kry nie.

Sy sê die ver­sor­ger het oor die be­trok­ke vi­deo ge­sê die stu­dent het dit “bui­te kon­teks” ge­maak en dat nie­mand kan sien wat voor en ná die op­na­me ge­beur het nie.

Die ver­sor­ger be­weer daar is met die vi­deo “ge­peu­ter”.

Pie­naar sê die be­waar­skool het Don­der­dag­aand ’n ver­ga­de­ring met die ou­ers ge­hou. Net twee ou­ers kon dit nie by­woon nie.

Die vi­deo, waar­op hul­le die ver­sor­ger se oë ver­bloem het, is aan die ou­ers ge­wys. Die ou­ers is steeds te­vre­de met die skool, sê sy.

Be­ne­wens die ba­ba in die vi­deo is nog ’n ba­ba uit die skool ge­haal.

Die de­par­te­ment van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling het die skool Don­der­dag­mid­dag kom “fyn­kam” en te­vre­de uit­ge­stap, sê Pie­naar.

Die skool be­kyk nog kring­te­le­vi­sie­beeld­ma­te­ri­aal om­dat daar ’n mag­dom daar­van is. As voor­val­le daar­op ge­kry word, sal die no­di­ge stap­pe ge­doen word, sê Pie­naar.

Die skool kan nie stap­pe doen in ver­band met die an­der vi­deo’s wat die stu­dent glo ge­maak het nie om­dat dit on­danks die skool se her­haal­de ver­soe­ke nog nie ont­vang en ge­sien is nie, sê Pie­naar.

Die skool waar die ba­ba glo erg in sy wieg­stoel ge­skud is.

’n S­kerm­greep uit die vi­deo wat wys hoe die ver­sor­ger die ba­ba wieg dat sy kop en die speel­goed aan die wieg­stoel op en af wip.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.