‘Kri­tiek maak nie van Ji­ba ’n swak regs­lid’

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Al is adv. Nom­g­co­bo Ji­ba, na­si­o­na­le ad­junk­di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging, in hof­uit­spra­ke ge­kri­ti­seer, maak dit nie van haar ’n sleg­te ad­vo­kaat nie, voer haar regs­ver­teen­woor­di­ger aan.

Die Al­ge­me­ne Ba­lie­raad van Suid-A­fri­ka doen aan­soek by die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria dat Ji­ba en La­wren­ce Mr­we­bi, hoof van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) se ge­spe­si­a­li­seer­de han­del­s­mis­daad­een­heid, van die ad­vo­ka­te­rol ge­skrap en Si­bon­gi­le M­ziny­a­thi, di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging in Noord-Gau­teng, as ad­vo­kaat ge­skors word.

Die ba­lie­raad het die aan­soek in­ge­dien na­dat die drie deur reg­ters in drie hof­sa­ke ge­kri­ti­seer is:

) Die DA se spi­oe­na­sie­ban­de­saak, wat ge­volg het op die NVG se be­sluit om kor­rup­sie­klag­te teen p­res. Ja­cob Zu­ma te laat vaar;

) F­ree­dom Un­der Law (FUL) se saak teen die NVG wat die straf­reg­te­li­ke klag­te teen lt.genl. Ri­chard Md­lu­li, voor­ma­li­ge hoof van mis­daad­in­tel­li­gen­sie, her­in­ge­stel ge­kry het; en

) Genl.maj. Jo­han Booy­sen, K­waZu­lu-Na­tal­se Val­ke-hoof, se saak teen die NVG om­dat hy van ram­pok­ke­ry aan­ge­kla is.

Die ba­lie­raad sê Ji­ba wou die hof mis­lei deur nie ’n be­hoor­li­ke lys van al die do­ku­men­te en fei­te voor te lê nie. Sy word daar­van be­skul­dig dat sy hof­stuk­ke te laat in­ge­dien het.

Adv. Nor­man A­rend­se SC het gis­ter ge­sê in geen van dié sa­ke het Ji­ba as ’n ad­vo­kaat op­ge­tree nie. Sy het toe as na­si­o­na­le di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging waar­ge­neem.

Sy is in die hof­sa­ke by­ge­staan deur on­af­hank­li­ke ad­vo­ka­te en deur die NVG se regs­af­de­ling.

Sy was nie per­soon­lik of di­rek by die sa­ke be­trok­ke nie, ook nie by die in­sa­me­ling van in­lig­ting daar­voor nie en het ook nie be­slui­te daar­voor ge­neem nie. Die be­slui­te is ge­neem deur die re­le­van­te di­rek­teu­re van o­pen­ba­re ver­vol­ging.

“Moet haar li­sen­sie om die pu­bliek te dien (as ad­vo­kaat) weg­ge­neem word?” het A­rend­se ge­vra.

Hy het ge­sê dit ge­beur “te dik­wels” dat amp­te­na­re nie ge­hoor gee aan hof­re­ëls (oor hof­stuk­ke) nie. Dit is ’n re­flek­sie op die kan­toor van die NVG en nie op haar as ad­vo­kaat nie.

Die ver­rig­tin­ge duur voort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.