Be­gro­ting wys Tshwa­ne is in groot geld­knyp – DA

Beeld - - Nuus - – Re­tha Fou­rie

Die be­gro­ting wat Tshwa­ne se bur­ge­mees­ter ver­le­de week voor­ge­hou het, is glad nie dié van ’n flo­re­ren­de stad nie, maar van ’n stad wat stag­neer en groot fi­nan­si­ë­le pro­ble­me het, sê die DA.

In die ses jaar dat K­go­sient­so Ra­mokg­o­pa bur­ge­mees­ter is, is meer as R8 mil­jard on­der­be­stee aan die ont­wik­ke­ling van in­fra­struk­tuur, het Lex Mid­del­berg, DA-woord­voer­der oor fi­nan­sies, gis­ter in die be­spre­king van die 2016-’17-be­gro­ting ge­sê.

Dit is ’n me­tro se plig om ’n stad te bou wat e­ko­no­mie­se groei moont­lik maak, werk verskaf en in­fra­struk­tuur op­gra­deer, uit­brei en ver­vang. Die me­tro het na­ge­laat om dit te doen en die in­wo­ners so­doen­de ver­saak, het hy ge­sê.

Die DA se waar­sku­wings oor on­vol­hou­ba­re le­nings het vol­gens Mid­del­berg op do­we ore ge­val, met die ge­volg dat die me­tro dees­dae geld moet leen om sy lang­ter­myn­skuld te delg.

Die diens­ta­rief­ver­ho­ging van 10% be­te­ken dat P­re­to­ri­a­ners tans 78% meer be­taal as in Mei 2011, het Mid­del­berg ge­sê.

Ma­rie­tha Au­camp, DA-hoof­sweep, het aan­ge­kon­dig dat die par­ty die be­gro­ting nie aan­vaar nie en ook die stad se ge­ïn­te­greer­de ont­wik­ke­lings­plan teen­staan.

Ook die ACDP en Co­pe is nie te­vre­de met die be­gro­ting nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.