Na­vor­sers be­kyk Na­le­di se grot in 3D

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

Die he­le grot waar­in die Ho­mo na­le­di- fos­sie­le ge­vind is en die om­ge­wing is met ge­vor­der­de drie­di­men­si­o­ne­le teg­no­lo­gie ge­skan­deer en ge­kar­teer.

Die ak­ku­raat­heid van die kar­te­ring is 0,1 mm.

Die ge­bied bo­gronds is met ’n ro­bot­vlieg­tuig af­ge­neem en die in­gang van die grot met la­ser ge­skan­deer. Re­gis­tra­sie­sen­sors is reg­deur die grot en by die in­gang ge­plaas om die prent­jie te vol­tooi.

Die na­vor­sing is pas ge­pu­bli­seer on­der lei­ding van Ash­ley Kru­ger, ’n dok­to­ra­le stu­dent aan die U­ni­ver­si­teit van die Wit­wa­ters­rand se In­s­ti­tuut vir E­vo­lu­si­o­nê­re S­tu­die.

1 550 fos­sie­le is reeds in die Ri­sing S­tar-grot in die Wieg van die Mens­dom ge­ï­den­ti­fi­seer. Dit maak net so­wat ’n tien­de van die fos­sie­le uit wat in die grot se Di­na­le­di-ka­mer lê.

15 in­di­vi­due, on­der wie agt kin­ders, is al on­der lei­ding van prof. Lee Ber­ger be­skryf. Hy het die vonds in Sep­tem­ber ver­le­de jaar aan­ge­kon­dig.

Om by die Di­na­le­di-ka­mer uit te kom, moet ’n mens skerp af­draan­de kruip deur die baie nou Su­per­man’s Cra­wl na die eer­ste ka­mer, dan met die Dra­gon’s Back vol skerp pun­te op en weer baie steil met The C­hu­te af tot in die ge­bied waar die fos­sie- le lê.

Dit was die skan­de­ring van die bin­ne­kant wat we­ten­skap­li­kes ge­help het om te be­sluit hoe en waar om fos­sie­le uit te haal, het dr. Ma­ri­na El­li­ot, be­stuur­der van die op­gra­wings, ge­sê.

Kru­ger het ge­sê hul­le be­sef nou dank­sy die skan­de­ring dat die ka­mer so­wat 10 m die­per lê as wat hul­le ge­dink het. Dit help nou om die pro­ses waar­deur die grot ge­vorm is be­ter te ver­staan.

Die na­vor­sing is in die South A­fri­can Jour­nal of S­cien­ce ge­pu­bli­seer.

Fo­to: WITS

’n Na­vor­ser plaas ka­me­ras en sen­sors in die nou gan­ge­tjies van die Ri­sing S­tar­grot, waar Ho­mo na­le­di ge­vind is, so­dat ’n drie­di­men­si­o­ne­le skan­de­ring van die ge­bied ge­doen kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.