Zu­ma­groep sit te ste­wig in saal

Beeld - - Kommentaar -

Is dit moont­lik dat daar ’n be­lan­ge­groep in die ANC en die re­ge­ring is wat wil hê die gra­de­rings­a­gent­skap­pe moet Suid-A­fri­ka se e­ko­no­mie na rom­mel­sta­tus af­skaal? In­dien wel, wat sou die mo­ti­ve­ring wees?

Op sy heel bes­te kan ons sê dat die staats­uit­bui­ter-fak­sie on­der p­res. Ja­cob Zu­ma dui­de­lik nie ’n bloue duit om­gee dat ’n af­gra­de­ring deur S­tan­dard & Poor’s (S&P) Vry­dag die e­ko­no­mie gaan knou nie. Hy en sy vrien­de in die po­li­tiek en die sa­ke­wê­reld gaan dit nie juis self aan die sak voel nie. Maar dit lyk al hoe meer as­of daar ’n ak­tie­we veld­tog ge­voer word wat ’n af­gra­de­ring ten doel het. Die SAKP het ver­le­de week ver­klaar dat wets­toe­pas­sings­a­gent­skap­pe ’n “ge­ko­ör­di­neer­de de­sta­bi­li­se­rings­pro­ses” teen Pra­vin Gord­han, mi­nis­ter van fi­nan­sies, be­dryf. Zi­zi Kod­wa, ANC-woord­voer­der, sê reg­uit die “sa­bo­te­ring” van Gord­han het ten doel om hom te ver­vang.

Be­plan die Zu­ma-fak­sie om Gord­han die skuld te gee as daar ’n af­gra­de­ring kom, wat dan as ver­sko­ning ge­bruik gaan word om hom af te dank? Bi­s­ar, ja, maar vreem­der din­ge as dit het die laas­te tyd ge­beur.

Want dis Gord­han en die te­sou­rie wat aan die hart van die stryd staan, soos uit die na­draai van Zu­ma se af­dan­king van Nhlanhla Ne­ne in De­sem­ber ver­le­de jaar dui­de­lik ge­word het. Sy self­ver­ry­king en dié van sy vrien­de sou tien­vou­dig kon toe­neem as die staats­kas se sleu­tels ook ge­gryp kan word. Zu­ma is dui­de­lik nog bit­ter dat hy ge­dwing is om Gord­han as mi­nis­ter aan te stel en het glo klaar dié pos aan E­s­kom-baas B­ri­an Mo­le­fe be­lo­we. Zu­ma is on­der druk uit Lut­hu­li-huis om die oor­log wat hy en sy skok­troe­pe teen Gord­han voer te be­ëin­dig deur die kam­ma-on­der­soek na ’n so­ge­naam­de ge­hei­me een­heid by die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens (SAID) te staak. Die Val­ke en die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) het ver­le­de week ver­klaar Gord­han gaan nie ge­ar­res­teer word nie en toe het die pre­si­den­sie self Vry­dag in ’n ver­kla­ring ge­sê hy is nie in ’n oor­log teen Gord­han be­trok­ke nie.

Maar die na­week het Ci­ty P­ress be­rig dat die on­der­soek na die een­heid waar­by Gord­han be­trek is net ver­le­de week her­o­pen en aan die mis­daad­in­tel­li­gen­sie-een­heid oor­han­dig is. Die Val­ke be­gin van­dees­week om SAID-amp­te­na­re te on­der­vra. En die Val­ke en adv. S­haun A­bra­hams, NVG-hoof, het as ’n na­ge­dag­te laat deur­ske­mer dat hul ont­ken­ning nie wa­ter­dig is nie en dat Gord­han dalk wel in die toe­koms ver­volg gaan word.

Ter­self­der­tyd het Zu­ma-lo­ja­lis­te stil­le­tjies die at­mos­feer vir ’n Gord­han-af­dan­king bly voor­be­rei. Lin­di­we Zu­lu, mi­nis­ter van klein­sa­ke-ont­wik­ke­ling, het Gord­han en die te­sou­rie ge­waar­sku dat hul­le nie moet dink “Suid-A­fri­ka is B­rit­tan­je” nie en S’dumo Dla­mi­ni, pre­si­dent van Co­sa­tu, het die te­sou­rie as ’n “be­drei­ging” be­stem­pel wat “oor­win” moet word.

Gord­han het die af­ge­lo­pe week in­ten­se ge­sprek­ke met S&P ge­voer om hom te oor­tuig dat die e­ko­no­mie nie ’n af­gra­de­ring ver­dien nie. Die on­be­spro­ke sta­tus van die te­sou­rie is juis een van sy sterk­ste ar­gu­men­te; ’n an­der is dat die be­gro­tings­be­lof­tes van sui­ni­ge staats­be­ste­ding uit­ge­voer word. En ter­wyl hy praat, word aan­ge­kon­dig dat vyf nu­we weel­de­mo­tors van so­wat R4 mil­joen vir Zu­ma se vroue aan­ge­koop is ter­wyl hul vo­ri­ge ewe duur mo­tors net twee jaar oud is.

Gord­han het ver­le­de week aan Fi­nan­ci­al Mail ge­sê Suid-A­fri­ka staan op die drum­pel van ’n nu­we e­ko­no­mie­se era. “Maar die uit­da­ging is om die lei­ers­korps te kry om dié nu­we pa­troon vol te hou. 55 mil­joen men­se moet kan baat vind, nie net ’n klein groe­pie wat self wil voor­deel trek nie.”

On­ge­luk­kig lyk dit of dié “groe­pie” ste­wig in die saal sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.