An­ner­li­ke A­fri­kaans pla met vreug­de

Beeld - - Kommentaar -

As jy van die Klein-Ka­roo af kom, is dit nie die haan wat jou wak­ker maak nie, maar die “dagroe­per” en dan maak jy nie kof­fie nie, maar ’n “bit­ter­tjie”.

As jy ’n boor­ling van Cal­vi­nia is en ’n koud­geid in die lug jou na ’n warm jas laat gryp, is dit nie ’n sner­pen­de wind­jie wat die skuld daar­voor kry nie, maar ’n dro­ë­be­k­wind­jie. Die­ge­ne wat kind­tyd in die Lang­kloof groot­ge­word het, het ghal­lag­hie­lies en nie pad­da­vis­sies nie tus­sen die ri­vier­gras in vlak poe­le uit­ge­skep.

As jy my nie glo nie, kyk maar in An­ton F. Prins­loo se boek An­ner­li­ke A­fri­kaans. Dis nie som­mer so ’n boek nie. Dit is ’n boek wat soos mil­de re­ën oor my woord­wê­reld uit­ge­sak het.

Son­der hier­die woor­de­boek sou woor­de soos op­slag­win­ter, ram­boe­lie­stert, koe­goe­ban­kie, koe­ke­ma­kran­ka en kou­bes­sie tank­wa-ag­tig (of ver­ge­te) rond­ge­swerf het. Maar toe kry Je­a­net­te Ferreira, eens uit­ge­we­ry­hoof aan ver­skil­len­de uit­ge­we­rye, die skit­te­ren­de in­ge­wing om dié kos­te­li­ke woor­de van ons ver­ste kon­treie in so ’n ei­e­soor­ti­ge woor­de­boek saam te jaag.

Dit is woor­de wat taal­lief­heb­bers kan op­pik om in hul woord­bank te de­po­neer; woor­de wat sto­ries in jou kop op­roep, wat die pad oop­maak vir ’n ge­dig of ’n ar­ti­kel. Dit is kon­trei­taal wat skat­lik en aards op die tong val en ’n mal­se son op jou woor­dak­ker laat skyn.

In el­ke woord lê ’n staal­tjie op­ge­sluit. El­ke woord is ’n ge­dig. Kom voel hoe dit op jou tong lê: aand­gon­na, brand­boon­tjie, de­pres­sie­kar­re­tjie, fyn­ta­ma­ryn, Ag­ter­veld, sjie­ling­bok­kom, A­pril­baaid­jie, Au­gus­tus­bos . . . Jy kan dit sien. Jy kan die aards­heid daar­van, eie aan 700 kon­treie, op jou tong proe.

Toe ek die woord “deur­skyn­oor” raak­lees, het dit soos ’n stomp in my skoot ge­val. Toe by­tel ek som­mer die law­we lief­des­ge­dig “Pla my” daar­uit: Pla my soos ’n ge­dig, ’n ge­wo­ne kwa­tryn wat nie rym nie, soos ’n vlieg wat op ’n snik­he­te so­mer­mid­dag in die Bos­veld om my kop bly draai en draai; soos ’n klip­pie in my skoen wat on­ge­merk in­ge­val het en kna­end aan my voet­sool vreet; en Ou­ma wat al­tyd met lief­de kon sê: “Gaan was jou han­de voor ons eet.” Pla my van­dat die son in die og­gend oor die vlak­te ver­rys tot laat in die aand wan­neer die maan sy mooi­ste kant vir ons wys. Pla my, want die woor­de in my vers is deur­sig­tig soos die deur­skyn­o­re van ’n vlak­haas.

Dis al­les dank­sy die pi­o­niers van ons taal. Oor hul by­drae sê prof. Hans du P­les­sis: “Die le­wens­krag­tig­heid van ’n taal lê in sy va­ri­a­sie.” Dit is om­re­de hier­die spoor­ma­kers en dank­sy An­ner­li­ke A­fri­kaans dat ons al­mal nou kan weet dat wan­neer ie­mand in G­rie­kwa­land-Wes sterf, hy op die hel­le­loe­ja­trein ge­klim het en dat daar­die geu­ri­ge strui­kie met die wit blom­me in Ca­le­don se vel­de die klam­boe­goe heet.

Ons weet ook nou dat wan­neer die ge­luk ie­mand in Vic­to­ria-Wes te dik­wels tref, sy kon­trei se men­se sal sê: Daai kla­wer­jas het wrag­gies nog die lo­te­ry ook ge­wen!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.