Lei­ers, span saam teen ge­weld in e­lek­sie van 2016

Beeld - - Kommentaar -

In die aan­loop tot die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing is daar kom­mer­wek­ken­de te­kens dat vuil spel en ge­weld die ver­loop van sa­ke kan ont­sier. Ge­moe­de­re is by­voor­beeld gaan­de met die EFF wat be­weer die ANC sit ag­ter ge­weld en ont­wrig­ting op EFF-saam­trek­ke. Die ANC ont­ken dit ten sterk­ste. S­ko­te is ge­vuur en klip­pe is ge­gooi toe die EFF K­waZu­lu-Na­tal ver­le­de week as deel van sy ver­kie­sings­veld­tog be­soek het.

M­buyi­se­ni Nd­lo­zi, EFF-woord­voer­der, sê ANC­lei­ers op na­si­o­na­le, pro­vin­si­a­le en streek­vlak het te mid­de van die ge­weld en ont­wrig­ting nie hul le­de tot or­de ge­roep nie om­dat op­drag­te vir die ge­weld glo van “bo” af be­plan en ge­fi­nan­sier word. Zi­zi Kod­wa, ANC-woord­voer­der, ont­ken dit en be­skul­dig die EFF daar­van dat hy die ANC uit­lok. Uit al­bei par­tye se op­mer­kings is dit op­merk­lik dat elk­een nóg voor­val­le en ge­weld ver­wag.

Feit is: Be­trek­kin­ge tus­sen die EFF en die ANC in die par­le­ment, wat selfs dáár op ge­weld uit­loop, is al­ler­mins ’n be­moe­di­gen­de voor­beeld.

Trou­ens, tot op die heel hoog­ste vlak is ge­weld­me­ta­fo­re lank­al deel van die ANC en die EFF se po­li­tie­ke mon­de­ring. So by­voor­beeld het p­res. Ja­cob Zu­ma uit die hof en tot in die U­nie­ge­bou ge­dans op die maat van die lied­jie met die woor­de “bring my ma­sjien­ge­weer”. Aan die an­der kant dreig Ju­li­us Ma­le­ma, EFF-lei­er, om die ANC-re­ge­ring “deur die loop van ’n ge­weer” te ver­wy­der.

Te mid­de van dít al­les is daar ook ’n ge­skie­de­nis van ge­weld wat gou volg in kies­af­de­lings waar die ANC on­der op­po­si­sie­druk kom – of dit nou van die IVP, die UDM, die DA, Co­pe, die EFF of wat­ter par­ty ook al is. Dik­wels is daar sterk aan­dui­dings dat sul­ke ge­bie­de “geen­toe­gangs­ge­bie­de” vir op­po­si­sie­par­tye ge­maak word.

Ag­ter­langs word sa­ke ver­der ge­kom­pli­seer deur me­de­din­gen­de vak­bon­de wat me­kaar se le­de af­rok­kel en die ge­weld­po­ten­si­aal ver­der ver­groot.

In dié om­stan­dig­he­de is dit el­ke par­ty­lei­er en -lid se ver­ant­woor­de­lik­heid om hul­le streng te hou by die be­pa­lings van die ge­drags­ko­de vir po­li­tie­ke par­tye wat vroe­ër van­dees­maand on­der­te­ken is. Dit gaan nie net oor daar­die hand­te­ke­ning op die ge­drags­ko­de nie, maar oor die mo­re­le ver­plig­ting op elk­een om ’n oop de­mo­kra­sie met ver­ant­woor­de­li­ke po­li­tie­ke op­tre­de te bou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.