Skop Kings uit Su­per­stryd

Brie­we

Beeld - - Kommentaar - Kys de Wet van Ge­or­ge skryf:

Dit het tyd ge­word dat ie­mand iets aan die be­lag­lik­heid van die Su­per­rug­by-kon­ses­sies in Suid-A­fri­ka doen.

Nie lank ge­le­de nie het ’n Nieu-See­land­se ver­slag­ge­wer ge­sê die Sout­hern Kings van Suid-A­fri­ka is ’n grap en ’n skan­de. Hy kan nie ver­staan waar­om die Suid-A­fri­ka­ners so ge­pleit en aan­ge­dring het om die kon­ses­sie toe te laat tot die kom­pe­ti­sie nie.

Ek, en ek glo die mees­te rug­by­on­der­steu­ners in die land, stem ná die wed­stryd teen die Ja­gua­res 100% saam met hom.

Om 30 mi­nu­te van die twee­de helf­te teen 13 man te speel en dan nog met 22-10 ag­ter te loop, is niks min­der as ’n skan­de nie.

Op pre­sies 70 mi­nu­te is die vol­gen­de Ja­gua­res-spe­ler met ’n geel kaart van die veld ge­stuur en ’n straf­drie toe­ge­ken na­dat die skrum wat bo die straf­skop ver­kies is, in­een­ge­stort het en toe loop die Kings nog 22-17 ag­ter. Eers daar­na, toe die Suid-A­me­ri­ka­ners met 12 man teen 15 moes speel, het die Kings d­rieë ge­druk om uit­ein­de­lik met 29-22 te wen.

Grap? Skan­de? Noem dit wat jy wil. Hier­die kon­ses­sie moet nou reeds ge­kan­sel­leer word vir die 2017-sei­soen. Hier­die klomp on­be­hol­pe s­pe­lers hoort in die Cur­rie­be­ker B-af­de­ling en is ’n skan­de vir Sa­ru en el­ke on­der­steu­ner van Suid-A­fri­kaan­se rug­by.

Die feit dat die OP die ba­ker­mat van swart rug­by in Suid-A­fri­ka is, reg­ver­dig geen­sins ’n kon­ses­sie vir Su­per­rug­by nie. Dan kan G­rie­kwas ook sê hul­le was die eer­ste span wat die Cur­rie­be­ker ge­wen het en moet ’n kon­ses­sie kry.

Ek skaam my om te sê ek is ’n SuidA­fri­kaan­se rug­by-on­der­steu­ner.

Ver­der moet daar ’n plan ge­maak word met die “sok­ker­ge­bruik” van geel en rooi kaar­te om oor­tre­ders te straf. Om twee s­pe­lers van die­self­de span in een wed­stryd met rooi kaar­te te straf vir ’n i­den­tie­se oor­tre­ding van die teen­stan­ders en niks aan die oor­tre­ders te doen nie, is net so be­lag­lik.

Rug­by is dees­dae ’n be­roep en el­ke spe­ler kry ’n sa­la­ris. Wys hom die kaart, ja, pers as jy wil, en laat hy ná die wed­stryd fi­nan­si­eel be­boet word. Die sak is tog maar die teer­ste plek en sal e­ni­ge spe­ler gou laat be­sef hy moet sy dis­si­pli­ne ver­be­ter of hy gaan hon­ger ly.

’n Be­skaam­de Suid-A­fri­kaan­se rug­by-on­der­steu­ner pleit, as­se­blief.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.