Ons wil graag help, maar word uit­ge­sluit

Beeld - - Kommentaar - F. du P­les­sis van S­tel­len­bosch skryf:

Ek skryf hier­die brief om­dat ek soos mil­joe­ne Suid-A­fri­ka­ners be­kom­merd is oor die rig­ting wat ons land in­slaan.

Ras­sis­me, kor­rup­sie, ar­moe­de en werk­loos­heid b­reek ons in stuk­ke. Men­se word toe­ne­mend wan­ho­pig en is uit­ge­le­wer aan mis­daad en el­len­de. Selfs die ry­kes kies die ha­se­pad.

Mil­joe­ne bur­gers is in die ver­le­de seer­ge­maak en be­na­deel. Ek is van ’n jong ge­ne­ra­sie en erf nou die ge­vol­ge van a­part­heid. Nou hoor ek ge­du­rig van grond wat ge­steel is en ge­leent­he­de wat ont­neem is.

Die feit is dat ons nie die ver­le­de kan ver­an­der nie, maar slegs die ge­vol­ge van die ver­le­de kan be­heer. Ons moet eg­ter kies om dit op die ge­vor- derd­ste en ef­fek­tief­ste ma­nier te doen.

Mil­joe­ne Suid-A­fri­ka­ners wat des­tyds vir a­part­heid ge­stem het, het lank­al aan­vaar dat dit ver­keerd was en wil dit nou reg­stel.

Die pro­bleem is dat ons nie toe­ge­laat word om dit te doen nie. Ons word nou uit­ge­sluit om met ken­nis en on­der­vin­ding te help bou aan die wel­stand van al­le Suid-A­fri­ka­ners. In ste­de daar­van b­reek ons die goeie wat wel in die ver­le­de be­staan het tot op die grond af.

Vir ’n hand­vol gaan dit oor geld en mag. Die res moet veg vir oor­le­wing. Die ge­volg is on­ge­ken­de ras­sis­me en ag­ter­uit­gang te­sa­me met leu­ens oor die ver­le­de wat men­se wraak laat soek.

Ek glo nie­mand met ’n hart wil reg­tig hê ’n an­der mens moet in ’n plak­kers­kamp bly of treu­ri­ge op­voe­ding of ge­sond­heid­sorg kry nie.

Ko­maan, re­ge­ring, steek jul trots in jul sak en laat ons ons mooi land op ’n on­ge­for­seer­de, eer­ba­re ma­nier op koers kry.

P­res. Ja­cob Zu­ma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.