Max, jy het niks meer vir ons te sê nie

Beeld - - Kommentaar - Dr. J.D. van Wyk van Ho­ney­dew skryf:

Ek luis­ter Vry­dag­og­gend na on­der­hou­de wat oor RSG uit­ge­saai word oor ste­de­li­ke de­mo­gra­fie.

We­ten­skap­li­kes tref ver­ge­ly­kings met wê­reld­ten­den­se, mo­ti­veer hul stand­pun­te met de­mo­gra­fie­se sta­tis­tie­ke en plaas al­les ook in die Suid-A­fri­kaan­se his­to­rie­se kon­teks. Ek vind dit al­les baie in­te­res­sant en in­sig­ge­wend.

Net daar­na kom Max du P­reez aan die beurt met sy sim­plis­tie­se en ge­yk­te stand­pun­te. Wat ’n skril­le kon­tras.

Max, jy het jou­self oor ja­re met jou po­li­tie­ke kom­men­ta­re in ’n hoek toe­ge­verf. Om uit hier­die klein hoe­kie nog ge­hoor te word, ver­gryp jy jou aan on­e­we­wig­ti­ge, on­ge­nu­an­seer­de, on­ge­mo­ti­veer­de en her­ha­len­de stand­pun­te wat reg­tig niks nuuts by­dra tot die de­bat van die dag nie.

Jy het eint­lik niks meer vir die Suid A­fri­kaan­se pu­bliek te sê nie. Doen jou­self ’n guns, toon ’n bie­tjie meer in­sig as Zu­ma, wat nie moei­lik be­hoort te wees nie, en tree af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.