Mid­del­blad

Wind bul­der be­ve­le en die bran­ders storm

Beeld - - Middelblad -

Die o­se­aan se sag­te dei­nings is deur die wind ver­swelg. Wit skuim­kop­pe rol oor die see voor die suid­oos­ter uit en tui­mel af in poor­te van troe­bel wa­ters waar die bran­ders die see­bo­dem met don­der­slae kas­ty.

’n Ge­ruis soos dui­sen­de per­de op ga­lop jaag oor die on­stui­mig­heid en galm teen die mos­sel­ban­ke waar wie­re soos los­lap­pies oor die rot­se wap­per. Reu­se-bran­ders pleeg self­moord teen die rot­se en kal­we ver­der aan die ga­pen­de won­de waar eeue se wa­ter­tan­de soos hon­ger haaie die ge­steen­tes met pok­mer­ke ge­laat het. Wan­neer die wa­ter te­rug­trek, is daar ’n oom­blik van stil­te, maar die wind bul­der sy aan­vals­be­ve­le en die vol­gen­de li­nie bran­ders storm met ’n da­we­ren­de aan­slag na die s­trand.

Die pels­rob draai sy kop uit die ge­na­de­lo­se wind en skud ’n moe­son­storm uit sy nat ge­waad los. Met lom­pe sto­te beur sy lyf teen die rot­se na die skui­ling on­der die oor­hang waar die an­der see­die­re reeds teen die na­de­ren­de storm skuil­hou. ’n S­pook­krap draf vir ou­laas oor die rots­bank na ’n ge­stran­de jel­lie­vis wat in die vlak wa­ter dob­ber. Blou­bla­sies vlek die sand soos klein saf­fie­re wat tel­kens weer op­nuut uit die skui­men­de wa­ters ge­bo­re word.

Weer­lig­vlek­ke bons oor die woes­te­ny en glim en­ke­le oom­blik­ke voor­dat hul­le weer soos spook­ge­dag­tes oor die storm­see ver­dwyn.

Die o­se­aan bult sy spie­re met woe­de in dei­nings wat ’n er­va­re see­man van­nag koue sweet oor ’n ge­kreu­kel­de voor­kop sou gee.

Ve­raf wee­klaag die mis­ho­ring vir dié wat dit nog op die see waag, om die dood nie ’n ge­wis­se kans op oor­win­ning te gee nie. Die bo­te in die ha­we kou on­ge­dul­dig aan hul stan­ge om die dans van die dood op die mag­ti­ge o­se­aan aan te durf. Tel­kens lig die dei­ning die bo­te wat hul vaar­ders soos doodskis­te sou om­vou as hul­le dit op die see sou waag. In die vis­sers­dor­pie is dank­baar­heid in oor­vloed waar die mens in wit­ge­tooi­de hui­sies die storm se aan­slag ver­duur.

’n Boot beur teen die bran­ders en b­reek van sy toom weg voor­dat die storm­wa­ters sy bro­se romp teen die rot­se tot ’n ein­de bring.

’n S­paan styg uit die wa­ter op en draai kol­ke in die lug, slaan weer in die brui­sen­de wa­ter neer en duik diep in die maal­kol­ke van die see se woe­de in. Don­der­slae maak die poor­te van die he­mel oop met on­tel­ba­re drup­pels wat na die aar­de haas. Hul­le veg met die see, maar die bo­se krag van die don­ker wa­ters ver­swelg die re­ën se aan­val.

Die vis­sers­hui­sies se sink­dak­ke sing ’n do­de­mars soos die drup­pels daar­op knars en bin­ne kyk vrees­be­van­ge oë deur die ven­sters na die oor­log wat bui­te woed.

Die wind draai na die diep­see weg en dra ’n een­sa­me al­ba­tros op slan­ke vler­ke na die on­be­ken­de. Die re­ën dryf nou rus­tig neer en bei­tel kra­ter­tjies uit die s­trand se sag­te sand. Twee stok­kie-o­gies glip uit die sand, loer-loer of die wê­reld vei­lig is dan draf die s­pook­krap skeef-skeef om sy a­vond­maal te gaan ge­niet.

In die vis­sers­hui­sie sing ’n jon­ge moe­der ’n sus­lied­jie vir haar sui­ge­ling ter­wyl die see­vaar­der in ver­won­de­ring na die sag­te re­ën staar. Die e­wi­ge ver­loop van die le­we is maar so: woe­de en krag, rus en vre­de, woe­de en krag, rus en vre­de . . .

Die A­fri­kaan­se Ho­ër Seun­skool, die oud­ste A­fri­kaan­se ho­ër­skool in P­re­to­ria, het ver­le­de jaar sy 95ste ver­jaar­dag ge­vier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.