Goeie nuus

Geld is nie baas nie

Beeld - - Middelblad - – S­te­phan Jou­bert

Hul­le sê geld maak men­se nie ge­luk­kig nie, maar soos wat baie dit na­jaag, lyk dit of nie­mand hier­die waar­heid glo nie. Na­tuur­lik het ons al­mal geld no­dig. Maar is geld ’n ge­luk­brin­ger? Wel ja – tot op daar­die punt dat jy jou daag­lik­se be­hoef­tes kan be­kos­tig en ’n bie­tjie ek­stra oor het, sê die ken­ners.

Daar­na maak nog meer be­sit­tings jou nie in die­self­de ma­te ge­luk­ki­ger nie.

Je­sus het te­reg ge­leer dat geld nie ’n baas is vir wie jy jou moet af­sloof nie. Dit is ’n mid­del tot diens.

Wan­neer jy vry ge­noeg is om die He­re vir van­dag se brood en vir mô­re s’n te ver­trou, is jou be­sit­tings ’n ga­we.

Dan kry ar­mes kos en ho­op­lo­ses ’n stuk­kie hoop om­dat Je­sus se ruim hart in jou bin­ne­ste klop.

Hy deel in elk ge­val meer daag­lik­se brood uit as wat jyself van­dag kan op­eet. Daar­om kan jy iets deel. Daar­om kan jy weg­gee en bly wees in sy Naam.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.