Pe­trol­prys: Nóg sty­gings kom

Beeld - - Sake - Niel Jou­bert

Jo­han­nes­burg. – Dis nie die soort nuus wat ’n mens aan die be­gin van die maand wil hoor nie, maar van Woens­dag gaan ’n li­ter pe­trol jou 52c meer uit die sak jaag.

Dit is die der­de maand ag­ter­een­vol­gens waar­in pe­trol duur­der word – en dis moont­lik ook nie die laas­te nie.

Die jong­ste ver­ho­ging bring die prys van 95-ok­taan-pe­trol in Gau­teng op R13,26 per li­ter te staan en aan die kus op R12,78 per li­ter.

Om ’n tenk van 50 li­ter vol te maak sal mo­to­ris­te dus R26 meer uit die sak jaag.

As jy die­sel in­gooi, gaan dit jou 76c per li­ter meer kos om jou tenk vol te maak.

Dit bring die prys van die­sel met ’n swa­el­in­houd van 0,05% in Gau­teng op na­ge­noeg R11,29 per li­ter te staan en aan die kus op R10,90 per li­ter.

Gas word met 98c per ki­lo­gram duur­der en pa­raf­fien met 83c per li­ter.

Die Sen­tra­le E­ner­gie­fonds sê die ste­wi­ge sty­gings is weens die ver­swak­king van die rand in Mei.

Die ge­mid­del­de rand-dol­lar­wis­sel­koers vir die tyd­perk tus­sen 29 A­pril en 26 Mei was R15,205 ver­ge­le­ke met R14,65 in die vo­ri­ge oor­sig­tyd­perk.

Die ge­mid­del­de in­ter­na­si­o­na­le prys van pe­tro­le­um­pro­duk­te het ook duur­der ge­word, wat die pry­se op­stoot.

Die Au­to­mo­biel-As­so­si­a­sie (AA) sê dit sal nie die laas­te sty­ging wees nie. Hy is be­kom­merd oor die op­waart­se nei­ging in die in­ter­na­si­o­na­le pe­tro­le­um­pry­se en die ver­swak­ken­de rand-dol­lar-wis­sel­koers.

Die rand kan ver­der ver­swak weens plaas­li­ke po­li­tie­ke fak­to­re en ook om­dat die Fe­de­ra­le Re­ser­we­raad (Fed) waar­skyn­lik bin­ne die vol­gen­de paar maan­de weer VSA-ren­te­koer­se gaan ver­hoog.

Vry­dag be­sluit S­tan­dard & Poor’s of hy Suid-A­fri­ka se staat­skuld tot rom­mel­sta­tus af­gra­deer, wat ook die geld­een­heid ’n knou kan gee.

E­ko­no­me is eg­ter meer op­ti­mis­ties oor die voor­uit­sig­te vir die rand vir die res van die jaar as wat hul­le vroe­ër was en meer as die helf­te van die 34 e­ko­no­me wat aan Sa­ke se E­ko­noom van die Jaar-wed­stryd deel­neem, dink die ge­mid­del­de wis­sel­koers van die rand gaan in die laas­te kwar­taal van van­jaar la­er wees as Vry­dag se vlak van rond­om R15,60 vir ’n dol­lar.

B­rent-ru­o­lie het ver­le­de week weer net-net on­der die $50-kerf ver­han­del, maar som­mi­ge ont­le­ders meen dit kan ver­der styg.

“Dit is moont­lik dat o­lie­pry­se van­jaar $60 (per vat) of meer sal be­reik” te mid­de van sty­gen­de vraag in die VSA, het sul­tan Bin Sa­eed Al-Man­soori, die Ver­e­nig­de Ara­bie­se E­mi­ra­te se mi­nis­ter van e­ko­no­mie, Maan­dag ge­sê, be­rig Bloom­berg.

B­rent-ru­o­lie sal die jaar ho­ër as $60 per vat ein­dig, vol­gens Ma­rio Ma­rat­hef­tis, hoof­e­ko­noom van S­tan­dard C­har­te­red.

Die S­weed­se SEB Bank meen ook dat o­lie teen meer as $60 per vat gaan ver­han­del.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.