Plan vir fi­nan­sie­ring van son­pa­ne­le

Beeld - - Sake -

Die ge­brek aan fi­nan­sie­rings­op­sies is een van die hoof­strui­kel­blok­ke in die pad van die gro­ter ge­bruik van klein­skaal­se fo­to­vol­ta­ïe­se son­krag­stel­sels in SuidA­fri­ka.

Maar die huur van stel­sels het ’n in­no­ve­ren­de fi­nan­sie­rings­op­sie ge­word wat sko­le, gas­te­hui­se, klein tot mid­del­slag­maat­skap­pye en o­pen­ba­re in­stel­lings toe­gang tot goed­koop son­krag kan gee.

Die Duit­se E­ner­gie-a­gent­skap het saam met Maxx So­lar E­ner­gy ’n i­ni­si­a­tief be­gin om son­krag­stel­sels te ver­huur en het on­langs twee aan­voor­pro­jek­te in Kaap­stad be­kend ge­stel.

Dit is ’n 20 kW-stel­sel by die G­rim­ley-skool in Hout­baai en ’n 14 kW-stel­sel by die At­lan­tic Gold-gas­te­huis in Kamps­baai.

Die­ter Ort­mann, stig­ter van Maxx So­lar E­ner­gy, sê hul­le het ’n jaar ge­le­de daar­aan be­gin dink om die son­krag-ver­hu­rings­op­sie in Suid-A­fri­ka be­skik­baar te stel. Die maat­skap­py se hoof­kan­toor in T­hu­rin­gia, Duits­land, het in 2011 na Suid-A­fri­ka uit­ge­brei.

’n Net­werk van meer as 40 in­stal­leer­ders is in die Wes-Kaap aan­ge­stel. Mar­tin Pol­lack, uit­voe­ren­de hoof van T­ree­tops Re­ne­wa­ble E­ner­gy Sys­tems, een van die Maxx-in­stal­leer­ders, het vroe­ër ge­sê kli­ën­te na­der hom om­dat hul­le be­wus word dat son­krag baie goed­ko­per word as kon­ven- si­o­ne­le e­lek­tri­si­teit, maar hul­le het dan dik­wels pro­ble­me om be­kos­tig­ba­re fi­nan­sie­ring te vind.

In Duits­land het Maxx So­lar E­ner­gy reeds lang er­va­ring met die ver­hu­ring van son­krag­stel­sels. Dit be­hels dat ’n on­der­ne­ming in ’n fo­to­vol­ta­ïe­se stel­sel be­lê en dit dan ver­huur aan die e­lek­tri­si­teits­ge­brui­ker wat maan­de­liks huur­geld aan die stel­sel se ei­e­naar be­taal. Die huur­der kan die stel­sel ná vyf tot 15 jaar koop.

Fo­to: MAXX SO­LAR E­NER­GY

Die ver­huur­de son­pa­neel­stel­sel van 14 kW by die At­lan­tic Gold­gas­te­huis in Kamps­baai, Kaap­stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.