Draai­ers­blad dalk SA se voor­land

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Bloem­fon­tein. – Die praat­jies is dat die bal sta­dig en laag deur­skiet op die kolf­blad in Guy­a­na waar die Pro­te­as se drie­hoe­ki­ge een­dag­reeks Vry­dag teen die Wes-In­die­se Ei­lan­de be­gin.

Só sê Hashim Am­la, wat met 92 van 83 bal­le die bes­te met die kolf in die Pro­te­as se op­warm­wed­stryd teen die Wes-In­die­se Ei­lan­de-K­rie­ket­raad se Pre­si­dent-elf­tal Son­dag in T­ri­ni­dad ge­vaar het

Re­ën het die laas­te sê ge­had in die wed­stryd in Port of S­pain wat ge­lyk­op vol­gens die Duck­worth-Le­wis-me­to­de ge­ein­dig het. Die toer­span, son­der ’n hand­vol staat­ma­kers, het ’n skaf­li­ke 280/9 aan­ge­te­ken waar­na die wed­stryd met die plaas­li­ke elf­tal op 127/3 in die 25ste beurt af­ge­las is.

Die by­bre­ker Da­mi­on Ja­cobs (4/53) het ge­wys dat draai­ers dalk ’n be­dui­den­de rol in die ko­men­de reeks sal speel.

Die Win­dies het vier draai­ers in hul groep om van te kies vir Vry­dag se eer­ste wed­stryd aan die bui­te­wy­ke van Ge­or­ge­town. Su­nil Na­ri­ne, Ash­ley Nur­se en Su­lie­man Benn, as­ook die kol­wer Mar­lon Sa­mu­els, kan as draai­ers in­ge­span word.

Am­la het daar­op ge­wys dat die kolf­blaaie van plek tot plek op die Ka­ri­bie­se Ei­lan­de ver­skil.

Suid-A­fri­ka se Im­ran Ta­hir, Aa­ron P­han­gi­so en JP Du­miny is in die los­ma­ker in­ge­span, maar die nu­we­ling­draai­er Ta­braiz S­ham­si is op ys ge­hou.

Ri­lee Ros­souw (0) is met die der­de af­le­we­ring van die wed­stryd deur Ra­y­ad Em­rit ge­boul waar­na die waar­ne­men­de kap­tein, Du­miny (6), ook goed­koop uit­ge­haal is.

Chris Mor­ris (31, 24 b), Ky­le Ab­bott (43, 38 b) en P­han­gi­so (34, 34 b) het aan die ein­de aan­sien aan die to­taal ge­gee.

Ab­bott (1/11) en Ka­gi­so Ra­ba­da (1/13) het elk ’n paal­tjie laat kan­tel, maar Way­ne Par­nell (0/35) was ef­fe duur in sy vier beur­te.

) Die Win­dies het hul oe­fen­wed­stry­de teen die saam­ge­flans­te span van Bar­ba­dos met 50 lo­pies en vier paal­tjies on­der­skei­de­lik ver­loor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.