Ga­te­be se lang pad

Com­ra­des­wen­ner was vroe­ër werk­loos

Beeld - - Sport - Sa­rel van der Walt

P­re­to­ria. – Vier jaar ge­le­de het Da­vid Ga­te­be nie werk ge­had nie en oor­leef van die prys­geld wat hy na­we­ke in pad­wed­lo­pe ver­dien het.

Nou is dié 35-ja­ri­ge Rus­ten­bur­ger die Com­ra­des-kam­pi­oen en re­kord­hou­er in die af­wed­loop tus­sen Pie­ter­ma­ritz­burg en Dur­ban. Hy is boon­op meer as R1 mil­joen aan prys­geld ry­ker.

Ga­te­be het eer­gis­ter ’n in­druk­wek­ken­de ver­to­ning ge­le­wer en die eer­ste at­leet tot nog toe ge­word om die Com­ra­des in vin­ni­ger as 5:20 af te lê.

Hy het die Rus Le­o­nid S­hvet­sov se re­kord van 5:20:41 ver­be­ter in dié vin­ni­ge wed­loop waar­in nie min­der nie as 26 at­le­te on­der 6 uur ge­hard­loop het.

Ga­te­be se wen­tyd was tien mi­nu­te vin­ni­ger as dié wat Bong­mu­sa Mt­hem­bu (5:28:34) twee jaar ge­le­de met die vo­ri­ge af-wed­loop ge­hard­loop het.

M­tem­bu was dié keer der­de in 5:26:39.

Blackie Swart, die man wat Ga­te­be aan­vank­lik saam met Da­ve A­dams af­ge­rig het, het gis­ter ver­tel ’n v­riend, Her­man Jordt, het vier jaar ge­le­de by die Rus­ten­burg­se berg­wed­loop vir hom van Ga­te­be ver­tel.

“Dáár is vir jou ’n kam­pi­oen as jy een wil sien,” het Jordt, wat self ’n hard­lo­per is, van Ga­te­be ge­sê.

Swart, wat aan die Im­pa­la­pla­ti­num­myn in Rus­ten­burg ver­bon­de is, het met Ga­te­be ge­sels en la­ter vir hom ’n werk as sport­be­amp­te op die myn ge­kry.

Swart en A­dams het by ’n skool at­le­tiek af­ge­rig en Ga­te­be het be­gin saam­oe­fen.

“Wat my eer­ste van hom op­ge­val het, was sy vaart.”

Die vol­gen­de jaar het Ga­te­be die eer­ste keer sy po­ten­si­aal ge­wys toe hy die Twee O­se­a­ne-wed­loop oor 56 km in die Kaap ge­wen het.

Ná dié wed­loop het Swart by De­on Holtz­hau­sen, ’n vyf­ma­li­ge Com­ra­des-gou­e­me­dal­je­wen­ner, gaan kers op­steek.

Holtz­hau­sen het toe al voor­spel Ga­te­be sou een­dag die Com­ra­des wen.

Die ge­meen­skap van Rus­ten­burg het hom ook goed on­der­steun.

Weens be­snoei­ings in die myn­be­dryf, kon die Im­pa­la- myn hom van­jaar nie meer so ruim soos vroe­ër met sy hard­loop-loop­baan help nie.

’n Paar maan­de ge­le­de het John Ham­lett, af­rig­ter van Gift Ke­le­he, ver­le­de jaar se wen­ner, Swart ge­kon­tak.

Hy het ge­vra Ga­te­be moet deel van die nu­we TomTom­span word en ’n oe­fen­kamp in Dull­stroom (M­pu­ma­lan­ga) by­woon.

Ga­te­be het ver­lof ge­neem en is saam Dull­stroom toe.

Swart was die na­week deel van die TomTom-span se on­der­steu­ning­span by die Com­ra­des. ) C­har­né Bos­man, wat Ca­ro­li­ne W­öst­mann, die vo­ri­ge kam­pi­oen, op dra­ma­tie­se wy­se ge­klop het, het ge­sê sy het eer­gis­ter­aand weens op­ge­won­den­heid net so­wat twee uur ge­slaap.

“Ek het die heel­tyd die prent in my kop ge­sien van waar ek by Ca­ro­li­ne ver­by is. Ek kan steeds nie glo ek het ge­wen nie.” Sy is so­wat 2 km van die eind­punt by W­öst­mann ver­by wat kwaai met kram­pe ge­suk­kel het.

Hank kraai vir der­de keer ko­ning in Ha­waii Est­land­drie­ling haal paal vir Rio­ma­ra­thon

Fo­to: GAL­LO IMAGES

Da­vid Ga­te­be na­dat hy eer­gis­ter die Com­ra­des tus­sen Pie­ter­ma­ritz­burg en Dur­ban in ’n re­kord­tyd ge­wen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.