Strauss is die vei­lig­ste keu­se

Beeld - - Sport -

Al­lis­ter Coet­zee het sy af­rig­ting­sloop­baan ge­skoei op die be­gin­sel van vei­lig speel, so­dat sy keu­se van Adriaan Strauss as kap­tein geen ver­ras­sing is nie.

Strauss het er­va­ring van 54 toet­se en was die af­ge­lo­pe vier jaar on­der die af­rig­ting van Hey­ne­ke Mey­er ’n se­ni­or s­pe­lers in die Bok-op­set. Hy het ge­reeld die rol van on­der­kap­tein ver­vul en nou saam met die vo­ri­ge kap­teins Jean de Vil­liers, Vic­tor Mat­field en Fou­rie du P­reez ge­werk.

Op 30 is hy in die ske­mer van sy loop­baan, maar Coet- zee het waar­skyn­lik die si­tu­a­sie op­ge­som en tot die ge­volg­trek­king ge­kom dat die bes­te ma­nier om vir die toe­koms te be­plan, is om so ver moont­lik be­hou­dend te wees.

Die re­a­li­teit is dat die Bok­ke baie er­va­ring kwyt is. De Vil­liers, Mat­field en Du P­reez het uit­ge­tree, S­chalk Bur­ger is be­seer en Bry­an Ha­ba­na in die B­lits­bok­ke se plan­ne. Die Du P­les­sis-broers, Jan­nie en Bis­marck, is nie ge­kies nie, ter­wyl Ru­an Pie­naar on­be­skik­baar is.

Pa­trick Lam­bie is self er­va­re en was ’n sterk kan­di­daat vir die kap­tein­skap, maar Strauss is meer se­ni­or.

Ter­wyl Lam­bie die Bok­ke vo­ren­toe nog kan aan­voer, sou Coet­zee ge­suk­kel het om te reg­ver­dig dat hy bo El­ton Jan­tjies as los­ska­kel ge­kies moet word.

Jan­tjies het van­jaar vir die Leeus in die Su­per-reeks ge­skit­ter en dit sou moei­lik ge­wees het om te ver­dui­de­lik dat Lam­bie, wat van­jaar nog net drie wed­stry­de ge­speel het, bo hom in die Bok-span gaan wees.

Bui­ten dat dit ’n aan­veg­ba­re rug­by­be­sluit sou wees, is daar die ne­te­li­ge kwes­sie van trans­for­ma­sie.

Jan­tjies is ’n ge­kleur­de spe­ler en dink jou in wat die po­li­tie­ke na­ge­vol­ge sou ge­wees het as hy ná skit­te­ren­de ver­to­nings in die Su­per­reeks nie die Bok-span kon haal nie.

Die werk­lik­heid is dat die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) sel­de van­te­vo­re po­li­ties só kwes­baar was soos nou. Die stief ma­nier waar­op ge­kleur­de s­pe­lers soos L­wa­zi M­vo­vo, Siya Ko­li­si en Ru­dy Pai­ge ver­le­de jaar be­han­del is, het ’n on­houd­ba­re si­tu­a­sie ge­skep.

Coet­zee is ’n wy­se man en skerp ge­noeg om te weet dat Bok-rug­by nie sal flo­reer voor die skip in kalm po­li­tie­ke wa­ters seil nie.

Die an­der moont­lik­heid is dat Coet­zee vir Lam­bie oor­weeg as ’n heel­ag­ter – ’n po­si­sie van waar ’n span nie doel­tref­fend aan­ge­voer kan word nie.

Lam­bie sal nie Wil­lie le Roux se x-fak­tor in die laas­te ves­ting bied nie, maar Coet­zee was nog nooit en sal waar­skyn­lik ook nooit ’n af­rig­ter word wat ho­ë­ri­si­ko-rug­by aan­moe­dig nie. ’n Heel­ag­ter wat min fou­te maak, is meer vir hom as een wat tus­sen­deur al die goeie din­ge wat hy doen, soms die kluts kwyt is.

Re­vo­lu­sie is nie op Coet­zee se a­gen­da nie. Hy sal goeie po­li­tie­ke oor­deel aan die dag lê, maar nie sy siel aan po­li­ti­ci uit­ver­koop nie.

Die­self­de geld sy speel­styl. Ja­c­ques Nie­na­ber, wat van 2010 tot 2012 die S­tor­mers die sui­nig­ste ver­de­di­gers in die Su­per-reeks ge­maak het, het gis­ter in­struk­sies op die oe­fen­veld ge­skree. Dit al­leen sê baie.

Coet­zee gaan die on­mid­del­li­ke toe­koms dus in met die mees se­ni­or spe­ler in sy groep as kap­tein. Dis nie al­tyd op­win­den­de nuus wan­neer die ba­ba in die bad­wa­ter bly nie, maar se­ker die bes­te ma­nier om se­ker te maak dat SuidA­fri­ka vir Ier­land in ’n toets­reeks klop.

En dís al wat saak maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.