Cook nou deel van Kal­lis­hul­le se klub

Beeld - - Sport - – Reuters

Dur­ham. – Alas­tair Cook is die eer­ste En­gel­se spe­ler wat 10 000 lo­pies in toets­krie­ket aan­ge­te­ken het.

Die kap­tein van En­ge­land het dit gis­ter ver­mag toe sy span Sri Lan­ka met 9 paal­tjies in die twee­de toets hier ge­klop het.

Cook (10 042 lo­pies) is net die 12de kol­wer wat die myl­paal van 10 000 lo­pies be­reik het.

Hy sluit hom aan by die le­gen­des Sa­chin Ten­dul­kar, Ra­hul Dra­vid, Su­nil Ga­vas­kar (al­mal In­dië), Ric­ky Pon­ting, S­te­ve Waugh, Alan Bor­der (al­mal Aus­tra­lië), Ku­mar Sang­a­kar­ra, Ma­hel Ja­y­a­war­de­ne (al­bei Sri Lan­ka), B­ri­an La­ra, S­hi­vna­ri­ne C­han­der­paul (al­bei Win­dies) en Suid­A­fri­ka se Ja­c­ques Kal­lis.

Die 31­ja­ri­ge kol­wer (47*) het die myl­paal be­reik na­dat Sri Lan­ka vir die En­gel­se ’n skra­le tei­ken van 79 lo­pies ge­stel het om die wed­stryd op die vier­de dag te wen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.