Kaap­se ban­de nie net oor geld

Beeld - - S­port - Co­bus Claas­sen

P­re­to­ria. – ’n Ven­noot­skap ter wil­le van oor­le­wing in ’n al moei­li­ker fi­nan­si­ë­le om­ge­wing.

Ba­rend van Graan, die Blou Bul­le Maat­skap­py (BBM) se uit­voe­ren­de hoof, sê dít is waar­op die Bul­le se nu­we Su­per­rug­by-ven­noot­skap met die Pu­mas, die Grens en Bo­land neer­kom.

Die wenk­broue het ge­lig toe die BBM on­langs be­kend ge­maak het dat die Bo­land, wat op die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie se voor­stoep is, nou ’n ven­noot van die Bul­le is. Dit maak im­mers uit ’n ge­o­gra­fie­se oog­punt nie veel sin nie.

Maar Van Graan meen dit “is die pad vo­ren­toe vir Suid-A­fri­kaan­se rug­by”.

“Ons het ’n vol­hou­baar­heids-uit­da­ging. Al die u­nies suk­kel met hul fi­nan­sies weens da­len­de toe­skou­er­ge­tal­le, be­perk­te borg­skap­pe en die wis­sel­koers.”

Hy sê die BBM het ’n stra­te­gie­se be­sluit ge­neem om meer as een ven­noot te kry.

“Ons werf so­veel spe­lers van die Oos- en Wes-Kaap dat ons ge­dink het dit sal wys wees om die Bo­land en Grens se han­de te vat.

“Die Pu­mas is ons bu­re en daar was nog al­tyd goeie sa­me­wer­king tus­sen dié u­nies. Dit gaan nie net daar­oor om die bes­te spe­lers in daar­die stre­ke te werf nie, maar om ook iets te­rug te gee.”

Die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) het ’n mee­val­ler van R3 mil­joen aan die groot u­nies ge­bied om die “klein­tjies” on­der hul vlerk te neem.

Die WP en Suid­wes­te­li­ke Dis­trik­te (SWD) het se­dert­dien ban­de ge­smee, ter­wyl die Haaie en die Lui­perds ’n oor­een­koms ge­sluit het. Die C­hee­tahs en die G­rif­fons is bed­maats en die Leeus het G­rie­kwas aan boord ge­neem.

Van Graan sê die ven­noot­skap be­hels baie meer as ’n kon­tant­voor­deel.

“Hoe be­ter die s­ko­le- en klub­struk­tu­re in die u­nies is, hoe gro­ter en be­ter sal die spe­ler­poel wees.

“Ons is in ’n po­si­sie om ons hulp­bron­ne stra­te­gies tot al­mal se voor­deel te ge­bruik. En die Bul­le is nie van plan om op te tree soos ’n groot boe­tie wat al­les weet nie.”

Die BBM het reeds die Bo­land se skeids­reg­ter­struie ge­borg en daar is plan­ne om vi­de­o­kon­fe­ren­sie­ge­rie­we in die u­nies se kan­to­re te in­stal­leer om kom­mu­ni­ka­sie te ver­ge­mak­lik.

“Ons is ver van me­kaar en ons sal dit prak­ties werk­baar moet maak. Die o­plei­ding van af­rig­ters en skeids­reg­ters sal by­voor­beeld be­lang­rik wees.

“Die plan is om af­rig­ters uit te ruil en Lof­tus toe te bring.”

Van Graan sê die ven­no­te sal ge­sa­ment­li­ke borg­skap­pe pro­beer be­ding. “Ons sal me­kaar op kom­mer­si­ë­le vlak kan help. S­te­val, die Pu­mas se span­borg, kry reeds bloot­stel­ling op Lof­tus Vers­feld.

“Daar is ook aan­sien­lik meer Bulon­der­steu­ners in die Oos-Kaap as wat daar Grens-on­der­steu­ners is. Dit is ’n oor­we­ging om in die toe­koms van die Bul­le se oe­fen­kam­pe in Oos-Lon­den, Wel­ling­ton of M­bom­be­la (Nel­spruit) te hou.”

Maar die groot vraag is: Sal die Bul­le car­te blan­che hê om be­lo­wen­de swart spe­lers P­re­to­ria toe te lok?

“Waar ons al­tyd as ’n vy­and spe­lers gaan werf het, sal ons dit nou as ’n ven­noot kan doen.

“Ons het nie s­ko­le wat ge­noeg bruin en swart rug­by­spe­lers op­le­wer nie.

“Die pro­ses sal tus­sen al die u­nies ge­ko­ör­di­neer word.

“Die vier u­nies sal steeds ou­to­noom be­dryf word. Dit is ’n sa­me­wer­kings­oor­een­koms en ons het geen seg­gen­skap oor wat die an­der u­nies doen nie.

“Die doel van die ven­noot­skap is om die u­nies se pres­ta­sie op en van die veld af te ver­be­ter.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.