Koel­kop­voor­Bok

Al­lis­ter kies Strauss vir sy tem­pe­ra­ment

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

S­tel­len­bosch. – Dit kan weer ’n ge­val van “hou be­ne, hou” wees vir die S­pring­bok-kap­tein wan­neer 2019 se Wê­reld­be­ker­toer­nooi aan­breek.

Adriaan Strauss, wat la­ter van­jaar 31 word, is gis­ter as die 57ste Bok-kap­tein aan­ge­stel.

“Die pos is sy­ne vir die reeks teen Ier­land, maar ek het geen twy­fel nie dat dit ’n lang­ter­myn­aan­stel­ling kan word,” het die Bok-af­rig­ter, Al­lis­ter Coet­zee, Maan­dag ge­sê.

Strauss, wat al 54 toet­se ge­speel het, is ver­kies bo an­der sterk kan­di­da­te soos Pa­trick Lam­bie, War­ren W­hi­te­ley en Frans Mal­her­be. Du­a­ne Ver­meu­len en Fran­cois Louw is nie oor­weeg nie om­dat hul­le aan oor­se­se klubs ver­bon­de is. Hul­le sluit vroeg aan­staan­de week eers by die Bok­ke aan.

Die feit dat Strauss ge­wis die voor­ste spe­ler in sy po­si­sie op ha­ker is, het swaar in sy guns ge­weeg.

“Ek het van meet af ge­sê die kap­tein moet hom­self deur sy spel­peil kies. Adriaan het on­ge­loof­li­ke ag­ting on­der die s­pe­lers. Hy is teg­nies skerp oor die spel en het die tem­pe­ra­ment om druk te kan ver­werk,” het Coet­zee ge­sê.

“Adriaan is ook die reg­te man vir die Bok­ke van die veld af. Dis ui­ters be­lang­rik om die reg­te kul­tuur daar te stel. Ek kon toe ons Son­dag saam­trek reeds sien dat hy die reg­te ou is.”

Strauss tel vir et­li­ke sei­soe­ne al on­der die Bok­ke se se­ni­or s­pe­lers, maar moes met Bis­marck du P­les­sis om die nr.2-trui mee­ding. Die vo­ri­ge Bok-af­rig­ter, Hey­ne­ke Mey­er, het hul­le as die wê­reld se twee voor­ste ha­kers be­skou en al­bei toet­se laat be­gin.

Du P­les­sis (32), wat dees­dae vir Mont­pel­lier in Frank­ryk speel, is nie vir die Bok-groep ge­kies nie.

Strauss se ne­de­ri­ge re­ak­sie toe hy gis­ter om­streeks 07:00 mee­ge­deel is dat hy die Bok­ke gaan aan­voer, was be­ves­ti­ging aan Coet­zee van die goeie ka­rak­ter van sy kap­tein.

“Hy was dank­baar vir die eer, maar wou se­ker wees dat daar een­pa­ri­ge aan­vaar­ding on­der die s­pe­lers is. Ek het vir hom ge­sê ‘dis my be­sluit en hul­le sal jou on­der­steun’. Daar is een­pa­ri­ge steun vir Adriaan,” het Coet­zee ge­sê.

“Dit was ’n spe­si­a­le oom­blik om hom te kan mee­deel dat hy die 57ste Bok-kap­tein gaan wees.”

Strauss het sy aan­stel­ling as ’n “ys­li­ke eer” be­stem­pel.

“As ’n mens jou am­bi­sies stel, droom jy nie eens daar­van om die Bok-kap­tein te word nie. Ek weet ek sal fou­te be­gaan, maar my hart sal al­tyd in die reg­te plek wees. Die span sal al­tyd eer­ste ge­stel word,” het hy ge­sê.

Strauss het by­ge­voeg dat hy baie op die an­der se­ni­or s­pe­lers in die groep gaan staat­maak.

“Hul­le sal help met be­slui­te op die veld en die kul­tuur van die veld dryf. Die S­pring­bok­ke be­te­ken baie vir men­se in Suid-A­fri­ka. As s­pe­lers is ons baie trots daar­op en op­ge­won­de om die Bok­ke te ver­teen­woor­dig. Ons speel met ’n ho­ër roe­ping en wil ons on­der­steu­ners trots maak deur wen­rug­by.”

Die Bok­ke be­rei van­dees­week hier voor vir die eer­ste toets teen die Ie­re op 11 Ju­nie.

Ek weet ek sal fou­te be­gaan, maar my hart sal al­tyd in die reg­te plek wees. — ADRIAAN STRAUSS

Fo­to: JACO MARAIS

Ek hoop ek stel hom nie te­leur nie . . . Adriaan Strauss (regs) luis­ter aan­dag­tig na wat Al­lis­ter Coet­zee te sê het, ty­dens die aan­kon­di­ging dat die Bul­kap­tein die Bok­ke teen Ier­land sal lei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.