Leeus ‘weet hoe Bulle voel’

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­han­nes­burg. – “Ons weet hoe die Bulle voel. Ons was ook al daar.”

Dié woor­de kom uit die mond van ’n Leeu. S­wys de Bruin, die hulp­af­rig­ter van die “Syl­ves­ters” van die noor­de, het gis­ter ge­sê hul­le kan hul­self baie goed in­dink hoe don­ker die ge­moed tans in die Bulle-kamp is.

“Dit is nie so lank te­rug nie dat ons ook 50 pun­te teen ons ge­kry het van die Hur­ri­ca­nes. Toe het ons boon­op die vol­gen­de week ’n los­loot­jie ge­had en moes ons vir twee we­ke lank rond­loop met daar­die seer.

“Dit was glad nie vir ons lek­ker nie.

“Ek moet sê om nou die rus­kans te kry vir die vol­gen­de klom­pie we­ke is ’n heel an­der ge­voel.

“Dit voel so­veel be­ter om nou te kan uit­span ná ’n ver­to­ning soos hier­die teen die Bulle,” sê hy.

De Bruin sê vir die laas­te drie wed­stry­de wat oor­bly, teen die Haaie (2 Ju­lie), Kings (8 Ju­lie) en Ja­gua­res (16 Ju­lie) gaan die Leeus bly by die re­sep wat tot dus­ver werk.

Dít is om dit wed­stryd vir wed­stryd te neem en nie din­ge voor­uit te wil loop nie.

S­pe­lers wat nie veel wed­stryd-oe­fe­ning ge­kry het nie, soos die los­voor­spe­lers Ru­an Ac­ker­mann en Cy­le B­rink en die los­kop­stut Cor­né Fou­rie, gaan vir die vol­gen­de twee we­ke vir die Leeus XV in die Pro­vin­si­a­le reeks speel teen die Pu­mas en G­rie­kwa­land-Wes.

Die ou­ens wat by die SA A-span be­trek is, sal van­dees­week ’n oe­fen­pro­gram volg voor hul­le by die res van daar­die groep aan­sluit.

Die Leeus se suk­ses teen die Bulle kan dalk ook toe­ge­skryf word daar­aan dat hul­le oor die laas­te klom­pie we­ke teen veel straw­wer teen­stand ge­slyp het as die P­re­to­ri­a­ners.

Nie­mand kan s­try dat dit ’n perd van ’n an­der kleur is om week in en week uit teen die keur van Nieu-See­land­se span­ne te speel as om teen Aus­tra­lie­se teen­stand uit te draf nie.

Dus was die Leeus veel meer ge­staal vir ’n har­de stryd met ’n toet­s­at­mos­feer as die Bulle.

Die P­re­to­ri­a­ners het dalk teen min­de­re teen­stand, wat die S­tor­mers in­sluit, ’n vals beeld ge­kry van hul wa­re krag.

Fo­to: HER­MAN VERWEY

S­joe, maar dis lek­ker! Die Leeus­skrum­ska­kel Faf de Klerk (mid­del) glim­lag Sa­ter­dag breed na­dat hy ook ’n vyf­pun­ter by­ge­dra het in sy span se ver­mor­se­ling van die Bulle.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.