Bul van ’n kap­tein

Koel­kop Adriaan kan druk han­teer, glo Al­lis­ter Hy’t met ’n rug­by­bal ge­slaap, sê trot­se pa

Beeld - - Front Page - Ge­or­ge Ger­mis­huys

Hy twy­fel glad nie dat sy seun ’n suk­ses­vol­le S­pring­bok-kap­tein gaan wees nie, maar dit is nog­tans ’n “s­kok” dat hy aan­ge­wys is, sê Adriaan Strauss se pa, Wil­lem.

“Hy het mos al so een of twee keer voor ge­vat as die an­der kap­tein van die veld is, maar niks amp­te­liks nie,” het Wil­lem, ’n boer van D­wars­ri­vier in die P­hi­lip­po­lis-dis­trik in die Vry­staat, gis­ter ge­sê.

“Maar ’n mens sou mos nooit daar­aan kon dink dat ’n mens se seun die S­pring­bok-kap­tein sal word nie. Ons is net dank­baar dat hy reeds so ’n on­ge­loof­li­ke S­pring­bok-loop­baan kon ge­had het en steeds vir die Bok­ke kan speel.

“Ek is net bly hy kon in die mix bly. Ek is baie, baie trots.

“Dit is won­der­li­ke nuus vir ons. Ons is baie dank­baar en trots, eint­lik ne­de­rig en dank­baar.”

Vol­gens Wil­lem kon ’n mens van jongs af sien Adriaan is vir groot din­ge op die sport­veld be­stem. “Ek het toe hy klein was so ’n lap­pie gras voor die huis laat aan­lê en daar het ek en hy om­trent heel­tyd die rug­by­bal ge­skop. En van kleins af wou Adriaan net die ver­ste en die hoog­ste en die bes­te skop.”

Adriaan se lief­de vir die spel het nie net op dié lap­pie gras bui­te die plaas­huis ge­bly nie.

“Hy was se­ker so drie jaar oud, dan gaan slaap hy met ’n rug­by­bal in sy arms. Hy was mal oor e­ni­ge ding wat kon wip of hop. Hy was nooit son­der ’n rug­by-, ten­nis-, krie­ket- of sok­ker­bal nie,” sê Wil­lem.

)

Fo­to: JACO MARAIS

Adriaan Strauss, wat deur Al­lis­ter Coet­zee as die nu­we S­pring­bok­kap­tein aan­ge­wys is, gee die bal uit ty­dens gis­ter se Bok­oe­fe­ning in S­tel­len­bosch.

Strauss sr.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.