Pas op vir die kom­pos­boe­lies!

Gras­per­ke be­mors en dui­sen­de ran­de ge­ëis

Beeld - - Front Page - Han­ti Ot­to

Kom­pos­boe­lies met glad­de ton­ge be­drieg en belieg in­wo­ners van die P­re­to­ri­a­se Moot en be­mors hul gras­per­ke.

Dié wat wei­er om vir hul slen­ter te val, word ge­dreig en ge­ïn­ti­mi­deer.

“Hul­le is slink­se smooth tal­kers. So­dra hul­le jou be­lang­stel­ling het, be­gin die in­ti­mi­da­sie en drei­ge­men­te,” sê ’n in­wo­ner.

Sy wil uit vrees vir die men­se nie ge­ï­den­ti­fi­seer word nie.

“Hul­le is ge­vaar­lik ver­by,” be­ves­tig nog ’n man.

Ge­or­gi­na Ri­ley en haar man is met die­self­de slap riem ge­vang.

“Ek en my man, ’n pa­ra­pleeg, het die Son­dag op die voor­stoep ge­sit toe ’n bak­kie voor ons pa­lis­sa­de­hei­ning stil­hou.

“Ons erf het klei­grond en mie­re en al­mal suk­kel om gras te laat groei.

“Hier­die men­se weet dit. Die lei­er ver­tel jou hy is ’n tui­nier en het won­der­li­ke kom­pos.

“Hy ver­wys na an­der in­wo­ners aan ken­mer­ke soos hul mo­tors, so jy dink hy het an­der al ge­help. So ter­loops in die ge­sprek sal hy sê: ‘U is nou weer me­vrou?’ Son­der dat jy dink, gee jy jou naam. En dit is hoe hy die vol­gen­de slag­of­fers be­drieg,” sê Ri­ley.

Die man het na die suk­ke­len­de gras op die sy­paad­jie be­duie en aan­ge­bied om ’n toetslo­pie met sy spe­si­a­le kom­pos te doen.

“Toe hy aan­hou dat ons ’n bie­tjie daar­van toets, het my man ge­sê ons het net R120 in die huis.”

Dit het die kom­pos­man nie af­ge­skrik nie. Hy wil net ’n de­mon­stra­sie met ’n klein bie­tjie kom­pos doen, het hy aan­ge­hou.

Ri­ley het die man in die erf laat in­kom.

Toe be­gin die groep sak­ke “kom­pos” strooi.

Die kleur van die “kom­pos” in die on­der­skeie sak­ke het ver­skil. Van die sak­ke was ook net kwart vol. “Hoe meer ons pro­beer keer het, hoe meer het die man ons dood­ge­praat en bly sê hy sal ons ’n goeie prys gee,” ver­tel Ri­ley.

Na­dat hul gras­perk be­saai is, het die kom­pos­man aan­ge­kon­dig dit sal R3 600 kos.

Die Ri­leys het ge­wei­er om te be­taal.

“Die lei­er het ge­sê ons sal sien wat hul­le doen, hul­le sal te­rug­kom.

“Ek het ge­sê ek gaan die po­li­sie bel en het fo­to’s van hul­le pro­beer neem.”

Soos blits het die kom­pos­men­se hul ge­sig­te en die bak­kie se re­gis­tra­sie­nom­mer toe­ge­hou.

“Ons was weer­loos, ek be­doel, my man is in ’n rol­stoel.

“My man het ek­stra geld in die huis gaan kry so­dat ons die men­se van die erf af kon kry.”

Die plaas­li­ke vei­lig­heids­maat­skap­py, Kil­ner­park Se­ku­ri­teit, het in­wo­ners teen die kom­pos­be­drie­ërs ge­waar­sku.

“Hul­le is baie op­drin­ge­rig. As huis­ei­e­naars hul­le kon­fron­teer of wei­er om te be­taal, dreig hul­le die men­se. In som­mi­ge ge­val­le hou die lei­er ei­e­naars met ge­sel­sies be­sig ter­wyl die an­der die kom­pos strooi. Dan eis hul­le be­ta­ling.”

Die groep ge­bruik on­der meer drie bak­kies, ’n ge­le, wit­te en gry­se, so­wel as ’n blou Lu­mi­na SS.

Kapt. Co­ba B­rits, po­li­sie­woord­voer­der, sê daar was voor­heen klag­te oor die kom­pos­men­se. Na­dat die po­li­sie hul­le ge­waar­sku het, het die groe­pie ver­dwyn.

Dit lyk of hul­le nou weer doe­nig is.

Twee van die kom­pos­boe­lies het ge­spring om die bak­kie se re­gis­tra­sie­nom­mer toe te hou toe Ge­or­gi­na Ri­ley dit pro­beer af­neem het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.