B­lits­bok­af­rig­ter sê dan­kie vir Al­lis­ter

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Kaap­stad. – Die B­lits­bok-af­rig­ter, Neil Po­well, is dank­baar dat die S­pring­bok-brei­er, Al­lis­ter Coet­zee, be­reid was om C­heslin Kol­be en Ju­an de Jongh vir die se­wes­span se voor­be­rei­ding vir die O­lim­pie­se S­pe­le af te staan.

Die S­pe­le vind van 5 tot 22 Au­gus­tus in Rio de Ja­nei­ro, Bra­si­lië, plaas.

Se­wes­rug­by sal dan sy O­lim­pie­se de­buut maak.

Po­well kon Sa­ter­dag­aand ’n groot sug van ver­lig­ting gee toe dié twee S­tor­mers-s­pe­lers se na­me nie as deel van Coet­zee se Bok-groep af­ge­lees is nie.

“Ek wil net dan­kie sê aan Al­lis­ter,” het Po­well ge­sê.

“Ek weet dat hy as af­rig­ter sy nu­we loop­baan met al die bes­te s­pe­lers tot sy be­skik­king wou be­gin.

“Hy en die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie ver­staan dat die O­lim­pie­se S­pe­le net een keer el­ke vier jaar plaas­vind en was be­reid om C­heslin en Ju­an aan ons be­skik­baar te stel.”

Po­well maak hier­die week ’n groep van 12 be­kend wat op 10 en 11 Ju­nie aan ’n se­westoer­nooi in Ro­me, I­ta­lië, gaan deel­neem.

De Jongh en Kol­be sal nie deel van die span wees nie. Po­well wil hul­le ge­noeg rus­kans gee.

“Ek dink hul­le het ge­noeg aan my be­wys in die vier Wê­reld­reeks-toer­nooie (Du­bai, Kaap­stad, Wel­ling­ton en Syd­ney) waar­in hul­le vir ons ge­speel het,” het Po­well ge­sê.

“Dit is be­lang­rik dat hul­le nou ’n rus­kans kry en dan saam met die res van die groep op 13 Ju­nie vir ons oe­fen­kamp te­rug­keer.”

De Jongh, wat 14 S­pring­bok-toet­se op sy kerf­stok het, was saam met Kol­be twee van die guns­te­lin­ge vir Coet­zee se groep, wat drie toet­se teen Ier­land sal speel.

Maar hul­le was ter­self­der­tyd voor­keur-keu­ses vir die B­lits­bok­ke se veld­tog in Rio, het Coet­zee Sa­ter­dag ge­sê toe hy sy Bok-groep aan­ge­kon­dig het.

“(Hul weg­la­ting uit die Bok-groep) het be­slis te doen met die O­lim­pie­se S­pe­le. Dit is ’n be­sluit wat al ’n ge­rui­me tyd ge­le­de al deur die pre­si­den­te en uit­voe­ren­de hoof­de van die ver­skeie u­nies ge­neem is, om Neil die bes­te kans te gee om ’n goue me­dal­je huis toe te bring,” het Coet­zee ge­sê.

“Dis nie iets wat nou on­langs ge­beur het nie. C­heslin was nog al­tyd deel van die O­lim­pie­se veld­tog en Ju­an ook.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.