Hou regs, buf­fel kom links ver­by!

Beeld - - Voorblad - Ca­ra­Lee Dorf­ling

Links van die klip­pe­ri­ge steil bult in die Ba­vi­aans­kloof-na­tuur­re­ser­vaat waar­teen twee mo­tor­fiets­ry­ers die na­week uit­ge­beur het, is ’n steil af­grond.

Regs maak rot­se weg­kom moei­lik. En op die draai voor in die pad was ’n buf­fel.

“Ek het on­mid­del­lik ge­weet ons moet stil­hou om die buf­fel te wys hy het spa­sie om te be­weeg,” sê Ro­ger Pur­cha­se.

Hy het voor Les Da­vis ge­ry.

Dié twee K­waZu­lu-Na­tal­lers het die Paas­na­week op hul BMW-mo­tor­fiet­se ’n toer van Kaap A­gul­has tot in Dur­ban ge­pak met die plan om waar moont­lik op grond­pad te ry.

Die Ba­vi­aans­kloof, wat op die mees­te Suid-A­fri­kaan­se mo­tor­fiet­s­a­von­tuur­lus­ti­ges se droom­lys is, is be­kend om sy uit­da­gen­de roe­tes.

Da­vis het on­mid­del­lik die ka­me­ra op sy val­helm aan­ge­ska­kel en hul­le het die buf­fel op ’n af­stand dop­ge­hou tot­dat sy ko­los­sa­le swart lyf om die

draai ver­dwyn voor­dat hul­le weer sta­dig teen die steil­te op­ge­ry het.

Vir ’n twee­de keer het die buf­fel hul ABS-rem­me ge­toets.

“Eers het al­les ou­kei ge­lyk, maar bin­ne se­kon­des het die buf­fel be­sluit hy wil nou teen die steil­te af. Ek het om my ge­kyk en ge­sien daar is nie ’n ont­snap­roe­te vir my nie. Ek het net ge­dink ek moet die (mo­tor)fiets tus­sen ons hou en ek sal dalk teen die af­grond van die berg moet af­hang, maar toe ek weer kyk, is die

buf­fel ver­by my,” sê Pur­cha­se.

Da­vis sê hy het skaars die mo­tor­fiets se staan­der uit ge­had toe moet hy vir skui­ling spring.

“Die rots langs my was net mooi uit­ge­hol vir my om daar­in te pas. Ek sal nooit ver­geet hoe daai buf­fel sy kop neer­ge­sit en vir my ge­kyk het toe hy op my af­storm nie – of­te­wel sy ont­snap­roe­te vat,” sê Da­vis.

Hoe­wel al­bei on­ge­deerd is, het hul­le die res van die roe­te vol a­dre­na­lien en met ’n wa­ken­de oog ge­pak.

Fo­to: SKERMGREEP

Soos ge­sien deur Les Da­vis se ka­me­ra­lens. Da­vis lê langs sy mo­tor­fiets ag­ter ’n rots in die Ba­vi­aans­kloof ter­wyl ’n buf­fel ver­by hom storm en sy ho­rings vir hom wys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.