Po­li­sie­le­de kan ver­min­der oor ei­se

Beeld - - Voorblad - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Si­vie­le ei­se teen die po­li­sie wat groot­liks weens men­se­reg­te­ver­gry­pe is, styg skerp en het in die af­ge­lo­pe boek­jaar R14,6 mil­jard be­loop.

Dié ei­se kan saam met be­gro­tings­be­snoei­ings daar­toe lei dat die po­li­sie oor die vol­gen­de drie jaar sy per­so­neel met tot 3 000 le­de sal moet ver­min­der.

So het Fran­cois Beuk­man, voor­sit­ter van die par­le­ment se por­te­feul­je­ko­mi­tee oor po­li­sie, gis­ter op ’n se­mi­naar oor men­se­reg­te in Jo­han­nes­burg ge­sê.

Van die R14,6 mil­jard is so­wat R290,9 mil­joen uit­be­taal, ter­wyl so­wat R7,3 mil­jard se si­vie­le ei­se óf ge­kan­sel­leer óf ver­min­der is.

“Die sty­ging in nu­we voor­val­le wat tot si­vie­le ei­se lei, is groot­liks weens on­wet­ti­ge in­heg­te­nis­ne­mings en aan­hou­ding, bot­sings, aan­ran­dings en skiet­voor­val­le. Met Ma­ri­ka­na (waar myn­wer­kers dood­ge­skiet, tal­le an­der be­seer en on­wet­tig in heg­te­nis ge­neem en aan­ge­hou is) is die ge­raam­de waar­de van so­wat 652 kla­ers se be­plan­de si­vie­le ei­se al so­wat R1,1 mil­jard.”

Beuk­man sê men­se­reg­te­ge­sen­treer­de po­li­si­ë­ring kan ge­help word deur on­der meer ’n na­si­o­na­le po­li­si­ë­rings­raad te skep vir die wer­wing, keu­ring en be­vor­de­ring van po­li­sie­le­de en die in­stel­ling van pres­ta­sie­maat­staw­we vir die na­ko­ming van men­se­reg­te­stan­daar­de.

Fran­cois Beuk­man Fo­to: JACO MARAIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.