G­len­da Gray van SA op ‘Ti­me’­in­vloed­lys

Beeld - - Voorblad - El­sa­bé B­rits

Prof. G­len­da Gray, die eer­ste vrou aan die s­tuur van die Suid-A­fri­kaan­se Me­die­se Na­vor­sings­raad (MNR), is een van die A­me­ri­kaan­se tyd­skrif Ti­me se 100 invloedrykste men­se van 2017.

Gray (54), ’n ken­ner van pe­di­a­trie­se MIV, het in 1996 saam met dr. Ja­mes M­cIn­ty­re die pe­ri­na­ta­le MIV­na­vor­sings­een­heid in So­we­to be­gin. Hul­le is in 2002 ver­eer vir hul werk om an­ti­vi­ra­le mid­dels na vroue en kin­ders te bring toe dit nog nie vry­e­lik be­skik­baar was nie.

Sy is met die Or­de van Ma­pun­gub­we ver­eer vir haar werk om die oor­drag van MIV van ma na ba­ba te voor­kom.

Daar­na het sy haar fo­kus ge­skuif na die ont­wik­ke­ling van ’n ent­stof en se­dert­dien is sy ’n lei­er op dié ge­bied.

Sy en haar span lei die HVTN 702, die eer­ste kli­nie­se ent­stof­pro­gram in se­we jaar, wat die doel­tref­fend­heid van ’n vigsent­stof on­der­soek. Sy het in A­pril 2014 die moe­der­skip van me­die­se na­vor­sing in Suid-A­fri­ka oor­ge­neem.

“Ek is trots daar­op dat die MNR ’n doel­tref­fen­de or­ga­ni­sa­sie is wat sy fi­nan­sie­ring van bui­te kon ver­groot en sy eie na­vor­sing ver­meer­der het.”

Die Mei-uit­ga­we van Ti­me waar­in die tyd­skrif sy top-100 aan­wys, is van­dag op die rak­ke.

Prof. G­len­da Gray

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.