‘JZ­klag­te kom ál na­der’

Beeld - - Nuus -

Suid-A­fri­ka is ’n stap na­der om uit te vind of die 783 aan­klag­te van kor­rup­sie, be­drog en ram­pok­ke­ry in die uit­ge­rek­te spioenasieband-sa­ge wel teen pres. Ja­cob Zu­ma her­in­ge­stel gaan word of nie.

Dít volg na­dat die ap­pèl­hof in­ge­stem het tot ’n ver­soek van die DA dat Zu­ma en die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) saam in een ver­hoor kan aan­voer waar­om ver­lof tot ap­pèl in dié ge­val aan hul­le toe­ge­staan moet word.

Die jong­ste aan­soek om ap­pèl in die sa­ge, wat al lan­ger as tien jaar duur, volg na­dat ’n vol­bank reg­ters van die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria ver­le­de jaar be­slis het dat die des­tyd­se be­sluit van die NVG om al­le aan­klag­te teen Zu­ma te laat vaar, ir­ra­si­o­neel en on­gel­dig was.

Dié hof het ook Zu­ma se aan­soek om ver­lof tot ap­pèl teen die be­slis­sing van die hand ge­wys, waar­na Zu­ma die ap­pèl­hof suk­ses­vol ge­na­der het.

Reg­ter Man­di­sa Ma­ya, waar­ne­men­de pre­si­dent van die ap­pèl­hof, het eer­gis­ter in­ge­stem dat Zu­ma en die NVG se aan­soe­ke saam aan­ge­hoor sal word. Al­le be­trok­ke par­tye se hof­stuk­ke moet, lui­dens Ma­ya se be­vel, teen 3 Ju­lie van­jaar by die ap­pèl­hof in­ge­dien word.

Ja­mes Sel­fe, voor­sit­ter van die DA se fe­de­ra­le uit­voe­ren­de raad, het gis­ter ge­sê die par­ty ver­wel­kom die ap­pèl­hof se be­slis­sing.

“Dié be­sluit sal ver­se­ker dat nie ’n en­ke­le dag ver­der voor die ap­pèl­hof ver­mors word tot­dat die hof ’n fi­na­le be­vel oor die saak kan maak nie.

“Om die twee ap­pèlaan­soe­ke saam aan te hoor, sal ook die ver­mor­sing van die reg­bank se hulp­bron­ne mi­ni­ma­li­seer.”

Vol­gens Sel­fe het die DA des­tyds aan­soek ge­doen om adv. Mo­ko­te­di Mps­he, des­tyd­se di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging, se be­sluit om die aan­klag­te in 2009 teen Zu­ma te­rug te trek, te laat her­sien.

“Ná tal­le hof­ge­din­ge in die hoog­ge­regs­hof en die ap­pèl­hof was ons suk­ses­vol om die be­sluit ter­sy­de te laat stel op grond daar­van dat dit weens on­be­hoor­li­ke po­li­tie­ke oor­we­gings was en dus in die eer­ste plek ir­ra­si­o­neel.

“’n Vol­bank van die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria het be­vind dat die aan­klag­te, soos ver­vat in die klag­staat, hom (Zu­ma) in die ge­sig moet staar.”

Sel­fe was dit gis­ter ook eens dat hoe­wel die reg­stryd om Zu­ma vir die 783 aan­klag­te aan­spreek­lik te hou reeds lan­ger as ’n de­ka­de voort­duur, dit “nog baie ver van af­ge­han­del is”.

“Die ap­pèl­hof se in­stem­ming tot die DA se ver­soek bring ons wel ’n stap na­der daar­aan om te ver­se­ker dat die reg sy loop kan neem en dat Ja­cob Zu­ma uit­ein­de­lik aan­ge­kla kan word,” sê Sel­fe.

■ Die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof het ver­le­de jaar ’n an­der aan­soek van die NVG om ver­lof tot ap­pèl in die­self­de aan­ge­leent­heid van die hand ge­wys, waar­na die NVG be­sluit het om ook die ap­pèl­hof te na­der.

Ja­mes Sel­fe Fo­to: BERTRAM MALGAS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.