EFF se hoof­sweep ge­tug ná uit­la­ting oor Zu­ma

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Floyd S­hi­vam­bu, EFF-hoof­sweep, gaan voor die par­le­ment se tug­ko­mi­tee ge­daag word vir sy op­mer­king dat pres. Ja­cob Zu­ma ANC-LP’s “in heg­te­nis sal neem en ver­moor.”

Dit volg na­dat hy op 10 No­vem­ber 2016 ge­wei­er het om dié op­mer­king in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring (NV) te­rug te trek.

Die tugon­der­soek is gis­ter­og­gend amp­te­lik deur Ba­le­ka M­be­te, spea­ker van die NV, in die par­le­men­tê­re aan­kon­di­gings, ter­ta­fel­leg­gings en ko­mi­tee­ver­slae be­kend ge­maak.

S­hi­vam­bu het in die be­spre­king van ’n mo­sie van wan­troue in Zu­ma ge­sê die pre­si­dent is ’n “post­ko­lo­ni­a­le ramp” waar­van die ANC self ter wil­le van Suid-A­fri­ka ont­slae moet raak.

In sy spreek­beurt het hy ge­sê die re­de waar­om na A­fri­ka as die “don­ker vas­te­land” ver­wys word, is om­dat “post­ko­lo­ni­a­le boe­we en mis­da­di­gers” hul­le in die hoog­ste kan­to­re in hul lan­de be­vind.

“Dit sluit in O­bi­ang M­ba­so­go van E­kwa­to­ri­aal-Gui­nee, Paul Biya van Ka­me­roen, Blai­se Com­pa­oré van Bur­ki­na Fa­so, genl. Sa­ni A­ba­cha van Ni­ge­rië, José E­du­ar­do dos San­tos van An­go­la, Idi A­min van U­gan­da, Mo­bu­tu Se­se Se­ko van ’n land wat hy tot Za­ï­re her­noem het, en on­ge­luk­kig ’n mnr. Ja­cob Zu­ma van ’n land wat hy bin­ne­kort Gup­ta­land gaan noem.

“Die al­ge­me­ne ken­merk van hier­die men­se wat die post­ko­lo­ni­a­le staat ver­nie­tig het, is dat hul­le hul eie fa­mi­lies ver­ryk, die op­per­ge­sag van die reg on­der­myn, geen ag­ting vir die Grond­wet het nie en dat hul­le hul po­li­tie­ke teen­stan­ders ver­volg, selfs in hul eie po­li­tie­ke par­ty.

“As al­les an­ders mis­luk het, ver­moor hul­le of voer hul­le sluip­moor­de op hul teen­stan­ders uit,” het hy ge­sê.

Vol­gens Bu­si­ness Day het hy hier­na na die ANC-ban­ke ge­draai en ge­sê dat Zu­ma al­les sou ge­kaap het voor­dat hul­le be­wus is daar­van. “Na­dat hy klaar is met al­mal, gaan hy jul­le in heg­te­nis neem. Hy gaan jul­le al­mal in heg­te­nis neem; hy gaan jul­le toe­sluit; hy gaan jul­le dood­maak.

“Hy het nou niks om te ver­loor nie.”

Hy het ge­wei­er om die op­mer­king te­rug te trek toe Le­che­sa T­se­no­li, ad­junk­spea­ker, hom ge­vra het om dit te doen.

Die EFF kon nie gis­ter vir kom­men­taar be­reik word nie.

Floyd S­hi­vam­bu

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.